Sarie

FRUSTRASIE! JOU BRIL & DIE MASKER

-

Jou masker laat jou brillense opwasem? Frustreren­d, nè. Dra ’n masker wat goed pas. En een met ’n draadjie by die neusgedeel­te sodat dit ook daar lekker styf sit. Kruis die rekkies of toutjies by jou ore sodat die lug aan die kante van die masker kan ontsnap, eerder as bo. Laat die neusstuk van jou bril die masker verder vasdruk. Dit help ook dat jou oë nie droog, rooi en krapperig raak omdat lug aan die bokant van die masker ontsnap nie.

Bron: Camarena Porter Optometris­t (Spectacle World), Kaapstad.

* Sien ook die artikel op bl. 132 oor die pandemie se effek op jou oë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa