Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

Leandie du Randt gesels oor die inspirasie agter haar nuwe boek, My hacks vir die lewe (Penguin, R240)

-

Hoekom het jy hierdie boek geskryf?

“Ek love dit om my lewe te share.

Dis vir my ’n voorreg omdat nie almal ’n platform het waarop hulle die lesse wat hulle geleer het en die dinge waardeur hulle gegaan het, kan deel nie. My eerste boek het my geleer dat ek nie moet gaan sit en dink waaroor ek volgende wil skryf nie. Dit moet natuurlik kom. Dit was soos ’n vlammetjie wat in my gebrand het, iets wat ek net op papier moes neersit. Daardie eerste boek was vir tienermeis­ies en het ontstaan uit my eie nuuskierig­heid oor hoe ek myself as tiener moes navigeer om die oorgang na student en jong volwassene te maak. Destyds het ek gesien hoe meisies rondom my hiermee sukkel en ek wou my ervaring deel.

“Dit was in 2014. Met hierdie boek is dit sewe jaar later en soveel het in my lewe gebeur . . . my ma se dood, my egskeiding. Ek het soveel vrae op sosiale media gekry, maar ek het nie die tyd om elke mens persoonlik te antwoord nie, al wil ek graag. Ek het agtergekom mense vra dieselfde vrae en oor ’n tydperk van twee jaar het ek alles versamel. Met die eerste streng inperking in 2020 het ek antwoorde begin skryf op die vrae en ek kon nie ophou nie. Vir 21 dae het ek elke dag agt uur lank geskryf, alles oor myself en alles wat gebeur het. Wat ek met hierdie oefening besef het, is dat ek myself regtig ken. Dit het ek nie met my eerste boek gevoel nie. Hierdie keer kon ek die lesse deel wat ek die afgelope 33 jaar geleer het.”

Lees die volledige onderhoud met Leandie op SARIE.com

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa