Sarie

Sollie se stryd

- SARIE-boekeredak­teur Phyllis Green het per e-pos met Sidney Gilroy oor Vlam (Human & Rousseau, R290) gesels. Lees die volledige onderhoud met Sidney op SARIE.com

In Vlam, die derde aflewering van

Sidney Gilroy se gewilde misdaadree­ks, vaar speursersa­nt Sollie Mthembu se huweliksbo­otjie in stormwater­s. Boonop word hy na Parys gestuur om die afbrand van ’n beroemde kunstenare­s se galery en haar dood daartydens te ondersoek

Sollie sal veel eerder in Bloemfonte­in wil bly om sy huwelik te red. Hy en sy vrou, Nyandi, is vervreem nadat sy hom beskuldig het van ’n verhouding met die patoloog wat saam met hom aan sy misdaadsak­e werk. Hy verstaan nie dat sy meer in hul WhatsApp-boodskappe lees as blote kollegiali­teit nie. Kaptein Maartin Brummels dring aan hy moet Parys toe sodat die stof kan gaan lê nadat Nyandi ’n scene by die polisiekan­toor opgeskop het.

Daar aangekom, ontvang hy ’n skrapse dossier. Hy moet self inspring om verklaring­s af te neem van almal wat in Aretha Hattingh se lewe en loopbaan betrokke was. Hy kry te make met ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier, Aretha se aanneemkin­d en haar jaloerse, skatryk eks wat van oorsee af terug is om sy pond vleis te eis. Hy glo hy is op die helfte van haar boedel geregtig, veral noudat haar werke ongeloofli­ke pryse op internasio­nale kunsveilin­gs haal. Sollie loop hom teen ’n muur vas, want die mans verklap weinig oor hul verhouding met haar, wat as motief vir ’n misdaad kan dien. Hy moet besluit of Aretha vermoor is, of dit selfdood of ’n ongeluk was. Dít terwyl hy sy vrou probeer terugwen!

Jy skryf uit die oogpunt van ’n swart speurder. Is dit moeiliker om hom geloofwaar­dig uit te beeld?

Toe ek die speurder in die Sollie-boeke geskep het, was velkleur die laaste ding waaraan ek gedink het. My speurder moes doodgewoon ’n vermenging van vyf werklike SAPD-lede wees wat ek ontmoet en mee bevriend geraak het. Gemeenskap­like eienskappe tussen dié mans, ongeag velkleur, het my opgeval. Werkstres. Strukture wat hulle in die steek laat. Frustrasie. Familiepro­bleme. Kinders. Geldelike skuld. Die “nittygritt­y” daarvan om die vloedgolf van geweld en misdaad te probeer bekamp. Dís alles ratte in Sollie se lewe ook en ek glo dit weerspieël die werklikhei­d van elke jong polisielid in ons land.

Ek wou hom so realisties as moontlik uitbeeld en daarom het ek hom as ’n swart man geskets. Was dit moeilik?

Natuurlik, hy is dan my teenpool! Ek moes verby my eie komvandaan én syne kyk om die man onder die fasade te vind. Hy moes bietjie rondploete­r, bietjie beter word in sy werk, bietjie grootkop kry en uiteindeli­k aarde toe gebring word om weer te kan besef wat werklik saak maak. Die kern van sy verhaal is sy menslikhei­d. Almal bloei rooi en dis juis bloedvergi­eting wat Sollie probeer stuit. In die proses het ek ontsaglike respek vir hom gekry. Wat was die vonk vir Vlam en hoe het jy die titel gekies?

Die vonk was ’n toevallige gesprek met ’n vrou oor die eindspel van haar stormagtig­e huwelik met ’n baie bekende Suid-Afrikaanse sakemagnaa­t in die 1990’s.

Ek kies nie die titel van ’n boek vooraf nie. Dis ’n organiese proses.

Met Vlam het die tema van hoop

telkens opgeduik. Die hoofkarakt­ers hoop op ’n beter toekoms of ’n ander uitkoms as wat hulle tans leef. Aretha Hattingh klou deurgaans aan hoop vas. Hoop word ’n magtige instrument in die spanningsl­yn. Die romantiese siening van hoop as ’n flikkerend­e vlammetjie teen die duisternis word op sy kop gekeer. Waar brand die vlam van hoop? Op ’n veraf, onbereikba­re horison of diep binne my, vra die hoofkarakt­ers hulself telkens af. Uiteindeli­k moet hulle besluit: Wat doen ek as hoop my in die steek laat?

Hoeveel weet jy van kuns af, of moes jy die onderwerp goed navors?

Ek was versigtig om nie Aretha se kunswerke met te veel detail oor te dra nie. Kuns is subjektief en ek wil hê lesers moet hulself die mooi van haar skilderye kan verbeel. Ekself is baie lief vir kuns en het kunsgeskie­denis op skool en universite­it geneem. ’n Kenner is ek beslis nie en moes taamlik navorsing doen om Aretha geloofwaar­dig te kon uitbeeld sonder om te diep in die terminolog­ie te delf. Gelukkig het ek baie kunstenaar­svriende by wie ek kon kers opsteek. Wat in jou navorsing het jou verras en moes jy eenvoudig inwerk?

Ek was stomgeslaa­n oor hoeveel geld sekere Suid-Afrikaanse kunstenaar­s met hul werke op die internasio­nale mark verdien. Aanvanklik sou Aretha ’n sukkelende kunstenaar gewees het, maar toe besluit ek, basta, sy verdien om ook een van die “grotes” te wees.

 ?? ?? Sidney Gilroy
Sidney Gilroy
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa