Sarie

GOUD VIR SA

-

Ons land se talente strek wyd en ver. Platejoggi­e Black Coffee (regs) het pas ’n gesogte Grammy losgeslaan vir sy album Subconscio­usly in die kategorie Beste Dans/ Elektronie­se Album by die 69ste jaarlikse Grammytoek­ennings in Los Angeles. Dit is die eerste keer dat iemand van Afrika in dié kategorie wen.

Sopraan Elza van den Heever (links, dogter van destydse TV-aanbieder Rita van den Heever en een van ’n drieling) is onlangs bekroon met die Opera News-toekenning vir haar talent, integritei­t en moed as operasange­r. Ook sy het al ’n Grammy verower vir ’n opname van Mahler se Agtste Simfonie in San Francisco. Elza woon in Bordeaux, Frankryk.

 ?? ?? FOTO ELZASOPRAN­O
FOTO ELZASOPRAN­O

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa