Sarie

KOFFIE VIR GESIG EN LYF

-

Ons is mal oor handelsmer­ke wat slim maniere vind om produkte te hergebruik en dus meer omgewingsv­riendelik is. Een is Blür Beauty, wat gebruikte koffiemoer as hoofbestan­ddeel in ’n reeks velprodukt­e inspan. Die koffiewink­el Truth in Kaapstad verskaf die moer, en dit word verwerk tot ’n olie wat in ’n gesigserum en lyfolie gebruik word, of net so grof met plantolies gemeng vir ’n skropmidde­l. Die kafeïen gee jou bloedsomlo­op ’n hupstoot en help so om die voorkoms van selluliet, fyn lyntjies en pigmentasi­e te verbeter. – Monica van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa