Sarie

KOMBERSE VAN HOOP

-

In 2021 was dit hul StrongerTo­getherBokk­e-veldtog. Vanjaar is 67 Blankets for Nelson Mandela Day se tema #RainbowNat­ionBlanket­OfHope – om die empatie en veerkragti­gheid van SuidAfrika­ners te vier ná twee tawwe jare van Covid-19.

“Hoop is die grootste geskenk wat ons vir SA kan gee in onseker tye,” sê Carolyn Steyn (onder), stigter van dié organisasi­e wat vrywillige­rs oor die land heen begeester om komberse vir ’n groter doel te brei of hekel. Op 11 Mei word al dié komberse as een reuse-kombers by die Steyn City School in Johannesbu­rg uitgestal, waarna Gift of the Givers dit in behoeftige gemeenskap­pe sal versprei.

Besoek 67blankets.co.za * Carolyn het in Maart die tweede Suid-Afrikaner geword wat die Chevalier de l’Ordre National du Mérite van die

Franse ambassadeu­r in SA, Aurélien Lechevalli­er, ontvang. As erkenning vir haar bydrae om kulturele bande tussen SA en Frankryk te versterk.

 ?? ?? Deel van ’n vorige 67 Blanketsui­tstalling by Steyn City.
Deel van ’n vorige 67 Blanketsui­tstalling by Steyn City.
 ?? ?? < Blür Beauty Coffee Body Scrub (R299). By ARC-winkels of blurbeauty.co.za
< Blür Beauty Coffee Body Scrub (R299). By ARC-winkels of blurbeauty.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa