Sarie

KOUE KRY VATPLEK MET BROEKMODES

-

Ek het my verlustig in Michélle van

Breda se geskrif oor Minnie Muis se langbroek (Michélle sê,

Maart/April-uitgawe). Dit laat my onwillekeu­rig terugdink aan my jongdae op ’n plaas in die berge.

Van daar kon jy drie myl ver ’n voertuig sien aankom. Dit was in die tyd toe ons sussies nog “skelm” langbroek gedra het. Sommer selfgemaak­te broeke. As dit oom Piet of Giel of Dominee was wat daar padlangs aangestof kom, moes die broek uit. Ai, veral in die winter was dit aaklig.

Vandag is broekdra so natuurlik soos rokdra. Maar oor die langbroekm­odes kan ek liries raak

. . . Net mooi toe klerefabri­eke die ideale snit ontwerp, wat stylvol alle figure vlei, lank en wyd genoeg onder om maklik oor boerevoete te glip, en net mooi hoog genoeg in die middel vir ’n plat magie, word die noupyp-goed, so effe pof oor die boude om al die rondings in te kry, hoogmode. Pragtig aan die modelle in die winkelvens­ters, en mooi jong kuitbeentj­ies. Maar wat van ons oueres, kuitloos en die ene kniekoppe? Wat het geword van die modereël: Beklemtoon jou goeie punte en verberg die minder vleiendes? Nog erger: ’n Medium langbroek, as jy een kan kry, kom tot net so onder die kuit. ’n Hele stuk been steek uit. Ek kyk na die etiket: natuurlik Made in China! Klein, kort mensies. Jy moet maar self sien kom klaar hoe die orige stuk been warm bly in die winter. Vir ons op die platteland is die keuse maar beperk.

Deesdae is dit net boude waar jy kyk. Maar nou nog erger: die flenters jeans! Nog plekke waar die komende koue vatplek kan kry. Maar oor een ding van dié mode is ek baie bly: Ek kan my halfgaar, maar gunsteling­toppies en -baadjies weer met vertroue dra. Dis nou hoogmode!

Rose Jordaan, Tulbagh

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa