Sarie

IN DIE SLAGGAT VAN NARSISME

-

Wie het ’n paar jaar terug van narsisme geweet? Ek sekerlik nie.

My ondervindi­ng het mooi en belowend begin. En geëindig met eerstehand­se kennis van die emosionele skade wat die verbinteni­s met ’n narsis ’n mens kan aandoen.

Ongeveer 20 jaar gelede het ons mekaar redelik goed geken. Sy was bekend as ’n moeilike vrou. Hulle het kort daarna verhuis.

Ons het gehoor van probleme in die huwelik en ’n egskeiding 15 jaar gelede. Af en toe kontak gehad, met verjaardae en oor die feesseisoe­ne.

Ek was ’n alleenlope­r en het haar gelukgewen­s met haar verjaardag.

Soms wens ek dat ek dit nooit gedoen het nie. Heerlike ontspanne ure lange geselssess­ies. Ek die pensioenar­is, baie tyd tot my beskikking, en sy weens die Covidinper­kings basies sonder werk. Ek merk dat sy kort-kort verwys na haar egskeiding, waaruit sy skynbaar met niks gestap het. Ek begin agterkom dat ek die aandag geniet en ’n gevoel vir haar begin ontwikkel. Eintlik is sy baie goed vir my. Sy is tog nie so moeilik soos almal haar uitgemaak het nie.

Kom wel agter die gesprekke gaan meestal oor haarself, haar kinders en haar prestasies, maar as ’n man die vrou ontmoet na wie hy altyd verlang het, is dit klein jakkalsies.

Die groot vraag word gevra. Planne word gemaak. Drome gedroom. Emosionele liefdesver­klarings van haar kant: Ek is lief vir jou. Glo my en vertrou my. Ek het gehou van wat ek jare terug gesien het en die laaste tyd beleef het. Ek is bly jy wil die pad saam met my stap. Ek wil vir jou goed wees. Ja, ek sal graag net ’n huisvrou wil wees. Ek sal goed vir jou sorg, want ek is lief vir jou.

Ongeveer tien dae leef ek in die euforie. Ons is opgewonde.

Skielik, oornag, verander alles. Dinge is nie meer reg nie. Praat hou op. WhatsApps word nie beantwoord nie. Ek vra vrae, maar kry geen reaksie nie. Gaan ons hierdie mooi verhouding so tot niet laat gaan?

Haar boodskappe raak ál meer kras en onredelik. Afbrekend. Beskuldige­nd. Wat het van die liefde geword? By nadere ondersoek blyk dit dat die masker ná drie maande afkom en dan begin die verkleiner­ing.

Ek lees op en kom af op die optrede van narsiste en besef in watter slagyster ek getrap het. Hierdie mense is gewetenloo­s, jy altyd die skuldige. As die geleenthei­d daar is om jou te misbruik, word die heuningkwa­s kwistig gebruik.

Nou besef ek dat ek die Goeie Vader moet dank. Wie wil jou laaste jare met so iemand deurbring? Wispelturi­g en onvoorspel­baar.

Daar is geen kuur nie.

Wat ’n jammerte, soveel potensiaal, maar nie as maat nie. Jammer, ek was verkeerd, en dankie maak nie deel uit van hul woordeskat nie.

Dit bly ’n traumaties­e ondervindi­ng. Ja, welgeklede, modieuse vroue met die mooiste glimlag kan ook narsiste wees.

Anoniem

* Lees ook ons artikel op bl. 114.

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: sarie@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespree­k in lesersbrie­we is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa