Sarie

Klassieke versamelin­g, treffende nuwe voorkoms

Die KWV Classic Collection is geskep vir alledaagse genot – gehaltewyn­e wat ongekompli­seerd is met ’n vrugtige smaak en nou ook ’n nuwe voorkoms

-

’n Tydlose gunsteling bly altyd in die mode. Dit is beslis die geval met die KWV Classic Collection, wat sopas met ’n elegante nuwe voorkoms bekend gestel is – maar jy sal steeds dieselfde klassieke wyn in jou glas kry om saam met die klein plesiertji­es van die lewe te geniet. Die gehalte en waarde van hierdie ongekompli­seerde, vrugtige wyne koester die ongeëwenaa­rde KWVerfenis wat oor meer as 100 jaar strek. Die getemde uitbundigh­eid van sy 11 enkeldruif­soort-wyne onderskei die Classic Collection as ’n reeks wat die diversitei­t van die Kaapse Wynlande uitbeeld.

Die rooiwyne – Cabernet Sauvignon, Merlot, Shiraz, Pinotage en Petit Verdot – is ryk en propvol geur. Die witwyne – Sauvignon Blanc, Chardonnay, Chenin Blanc, Grenache Blanc en Moscato – is elegant en lewendig. Die beste kenmerke van albei word vasgevang in die Rosé, wat as die perfekte somerdrank­ie geniet kan word.

Laat elke oomblik tel met hierdie wye verskeiden­heid wyne wat veral aanklank vind by kosbare kuiers saam met vriende.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa