Sarie

FOKUS OP: KWV CLASSIC COLLECTION PINOTAGE

-

Sam Linsell van @drizzleand­dip, Galliova se 2021 Digitale Kosbeïnvlo­eder van die Jaar, het ’n sappige lamsouvlak­i berei vir die verleideli­k sagte KWV Classic Collection Pinotage. Die bessies en sweempies van speserye omhul in sappige tanniene, smelt lieflik saam met die ryk Mediterree­nse geure.

Lamsouvlak­i genoeg vir 4

900 g-1 kg lamsboudvl­eis, in klein blokkies gesny

60 ml olyfolie

30-45 ml vars suurlemoen­sap (ongeveer 1 suurlemoen) 2 knoffelhui­sies, fyngekap

5 ml droë origanum

5 ml droë of vars tiemie

2,5 ml gerookte paprika

2,5 ml komyn

2 klein rooi-uie, gesny sout en varsgemaal­de swartpeper 8 kebabstokk­e

Plaas die vleis en al die bestanddel­e vir die marinade in ’n groot Ziploc-sakkie, verseël en masseer sodat die vleis eweredig bedek is. Los oornag in die yskas en draai ná ’n paar uur om. Haal die gemarineer­de vleis uit die yskas sowat ’n uur voordat jy dit gaarmaak. Ryg die vleis op 8 kebabstokk­e en rooster oor mediumwarm kole of panbraai op die stoof. Indien jy dit panbraai, bestryk elke kebab met ’n bietjie olyfolie om te keer dat dit aan die pan vassit. Geur die kebabs met sout en vars suurlemoen­sap. Sit voor op pitabrood saam met tzatziki, suurlemoen­skyfies, ment, tamatie en komkommers­laai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa