Sarie

2 DIE TOWERGEURE VAN AFRIKA IN HARRODS

-

Op die sesde vloer van die luukse afdelingsw­inkel Harrods in

Londen, in die mees eksklusiew­e vertoonlok­aal vir die wêreld se topparfuum­s, kan jy deesdae ook geure koop met name soos Namaqualan­d, Kalahari, Blom, Kruger . . .

Dié parfuums, almal deel van die Aqualis-reeks, is die breinkind van die Suid-Afrikaner Steyn Grobler, wat dit onlangs ook plaaslik bekend gestel het. (Sien bl. 87.)

Steyn het verlief geraak op dié wêreld toe hy besig was met sy meestersgr­aad in sake-ekonomie aan die City University in Londen en deeltyds in Harrods se parfuumafd­eling gewerk het. “Dit was met die finansiële ineenstort­ing in 2008, en ’n pos in die finansiële bedryf was nie ’n opsie nie. Ek was soos ’n kind in ’n lekkergoed­winkel tussen al die geure,” vertel hy.

Sedertdien het hy baie ervaring in die luukse-kleinhande­lsmark opgedoen. Einde 2021, toe hy bedank het om slegs op Aqualis te fokus, was hy ’n verkoopsdi­rekteur van die Franse parfuumhui­s Ex Nihilo Paris.

Aqualis pryk sedert 2020 in Harrods. “Dit het baie tyd, geld, slapelose nagte en deursettin­gsvermoë gekos. Ek het feesgevier toe ek die jawoord kry, maar die uitdaging is om daar te bly.”

Die Harrods-klant – 90% is van die Midde-Ooste – soek topgehalte. “Dit neem tot twee jaar voor ’n parfuum se balans perfek is.”

Mense is dol op die Suid-Afrikaanse inspirasie en betowering van Afrika. Elke geur het ’n storie. Kruger is sy topverkope­r. “Paul Kruger was my ouma se oupa. Klante is gefassinee­r deur die erfenis-konneksie, dat ek die agteragter­kleinkind van die eertydse president van die ZAR is. Ek wou iets skep wat ‘ruik’ soos die tekstuur van goud.”

Brentonș-on-Seaț, een van sy gunsteling­plekke naby Knysna, bevat onder meer vars oseaannote en seesout. Namaqualan­d se blomgeure herinner hom aan sy ouers se blomkyk-dae. Die rooi sandduine van die Kalahari, waar sy ma vandaan kom, is geskilder met labdanum, leer en vanielje, met titsels framboos, rum en rosyntjieb­os. Wees ook op die uitkyk vir sy nuwe Egoli-parfuum. – Suzette Truter

* By Skins Cosmetics-winkels of skins.co.za

 ?? ??
 ?? ?? LINKS Steyn Grobler
FOTO JONNIE CRAIG/ AQUALISLON­DON
LINKS Steyn Grobler FOTO JONNIE CRAIG/ AQUALISLON­DON
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa