Sarie

JOHANNESBU­RG, DIE ‘BUIERIGE DAME’

- – Delia du Toit

Toe RSG-omroeper Derrich Gardner 15 jaar gelede woonplek soek in Johannesbu­rg, het hy by ’n huis op ’n koppie ingeloop en teleurgest­eld gekyk na die verwaarlos­ing . . . tot hy die uitsig gesien het. “Ek het dadelik vir die agent gevra waar ek kan teken. Ek kon byna oor die hele Johannesbu­rg uitkyk!”

Tydens die inperking in 2020 het die res van die land in sy uitsig begin deel. Derrich het sy foto’s op sosiale media gelaai en dit het soos ’n veldbrand versprei. “Ek neem al jare foto’s van die uitsig, dit lyk nie een dag dieselfde nie.

Die reaksie het my verbaas – as ek die dag nie ’n foto gelaai het nie, sou mense vra wanneer hulle een kan verwag!”

Dit was die stad soos mense dit nog nooit gesien het nie – die lug helder, onbesoedel­d. Toe daar geen verkeer was nie, kon Derrich elke woord op elke padteken deur sy kameralens lees.

Toe hy eendag grappender­wys vir die eienaar van FotoZA in die Rosebank-winkelsent­rum, waar hy al jare toerusting koop, sê hy wil sy foto’s daar uitstal, was dit een, twee, drie en toe is alles gereël. Die uitstallin­g, Moods of Johannesbu­rg, het in Januarie geopen. “Dit was die eerste keer dat hulle dieselfde foto 60 keer uitgestal het!” lag Derrich. “Dieselfde uitsig, maar so anders. Sommige net voor sonop, ander van die volmaan, party van ’n reënboog ná ’n storm en ander weer van weerlig – my gunsteling, want dis bitter moeilik om af te neem.”

Die uitstallin­g was so gewild dat van sy foto’s weer tot einde Maart uitgestal is. “Mense het gedink ek het dit erg geredigeer, maar ek het nie. Dis net tonele wat ons min sien, want jy het soms ’n venster van net ’n minuut om ’n ongeloofli­ke kleurpalet af te neem. Elke dag ’n ander kleur – pienk, oranje, pers, selfs groen.

“Johannesbu­rg het een van die mooiste horisonne ter wêreld. Dis ook een van die boomrykste stede. In die somer is my uitsig ’n grasgroen oerwoud. Mense het ’n vrees vir Johannesbu­rg, maar dis regtig ’n mooi stad. En ’n buierige dame!”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa