Sarie

DIE GROOT EKSODUS

-

In Amerika word dit die Great Resignatio­n genoem: Hope mense wat uit hul werk bedank. (Nie soseer in Suid-Afrika nie, waar ons meer aan ons werk vasklou.) Die pandemie het ons geleer hoe kort die lewe is. Ons kom in opstand teen werksleur en soek ’n meer vervulde lewe. Dit het ’n rimpeleffe­k, ook op die klere wat voorheen deel van ons profession­ele persona was. Ja, die wêreld maak tentatief ’n terugkeer na die kantoorlew­e. Maar ons wil dit doen sonder om die gerief van die afgelope sowat twee jaar se slenterdra­g in te boet. Ons probeer dus ’n balans vind tussen styl en gerief. Soos sagte, oorgroot boyfriend-snyersbaad­jies, broeke met rekbare bande, Flyknit-tekkies en truirokke.

(Bron: refinery29.com)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa