Sarie

5MODE-GEITE

-

Juig al wat leef. Die pandemie se ystergreep begin verslap en ons kruip soos skoenlappe­rs uit ons papie. Niks weerspieël ons nuwe ontwaking so goed as die klere en bykomstigh­ede waarmee ons ons vryheid vier nie

KRY ’N DOPAMIEN-SKOP

Ons trek aan wat ons gelukkig maak. Soek doelbewus die kledingstu­kke wat ons dopamien, die brein se plesier-tier, laat bruis. Raak dus maar meer kreatief met jou voorkoms. Trek aan vir die pret eerder as ’n spesifieke doel. Speel met kleure, style en bykomstigh­ede. As die gedagte aan ’n kanariegee­l uitrusting jou tot wanhoop dryf, maar swart laat jou sing: Watter kleure jou gelukkig maak, is so uniek soos jyself. ’n Paar interpreta­sies van kleure is universeel, volgens Harper’s Bazaar (harpersbaz­aar.com). “Koue kleure, soos blou, laat jou kalm voel, warm kleure soos rooi por jou aan. Maar geluk is ’n gans te subjektiew­e ervaring om aan een kleur toe te skryf.” Die heel beste: Jy kan nie ’n voet verkeerd sit nie. Dra net die kleure en style wat jou gelukkig maak en sit skop in jou dag!

(Bykomende bron: thelist.com)

 ?? FOTO KATINKA BESTER/HERO CREATIVE MANAGEMENT ??
FOTO KATINKA BESTER/HERO CREATIVE MANAGEMENT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa