Sarie

’N ALLES-OF-NIKS-HOUDING GELD

-

’n Kreatiewe direkteur in die tydskrifbe­dryf in haar laat dertigs, Leigh-Anne Botha, sê sy het as alleenlope­nde expat in Doebai in 2019 reeds van’ n alles-of niks-verhouding­s tendens begin bewus word.

Sy het gou in die vreemde opgelet uitnodigin­gs om uit te gaan het óf van mans gekom wat nie werklik ’n langtermyn­verbinteni­s wou hê nie, óf van diegene wat te vinnig té ernstig wou raak. Nie een van die twee was vir haar ’n opsie nie.

Sy glo baie jong Suid-Afrikaners is in so ’n trekvoëlpo­sisie oorsee en dink hunkerend dit sal met hul tuiskoms beter gaan in hul geboortela­nd. Sy was egter behoorlik ontnugter.

“Hier is óók geen goue middeweg in my ouderdomsg­roep nie. Toe ek șin 2021ț terugkeer, wou ek ’n meer gevestigde verhouding aanknoop. Mans in hul laat dertigs wil egter nie ernstig raak nie. Dié wat wel meer as een afspraak beoog, is heeltemal te intens.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa