Sarie

TROUES MET MEER VRIENDE AS FAMILIE

-

’n Huweliksbe­vestigings­beampte in haar veertigs, Martie van

Tonder, sê hedendaags­e huwelikser­emonies is ’n spieël van hoe verhouding­s verander het.

Sy vind troues vandag minder formeel en ervaar die bruidegom voel nie meer deur ’n vrouehuwel­iksbevesti­ger bedreig nie.

“Jare terug is troues deur jou naaste sowel as uitgebreid­e familie bygewoon. Vandag nooi paartjies eerder vriende en verwelkom net familieled­e met wie hulle ’n innige verhouding het. Dit is die nuwe manier van doen op die huweliksda­g en dit wys in verhouding­s. Vriende, eerder as familie, beïnvloed vandag dikwels verhouding­s.”

Paartjies praat ook nie meer so gou oor trou nie en woon dikwels tussen drie en sewe jaar saam voordat hulle voor die kansel gaan staan.

Sy waarsku ’n suksesvoll­e huweliksbe­vestiging verg heelwat papierwerk. ’n Verhouding­smaat het dalk ’n egskeiding agter die rug en dokumente soos hofbevele moet dan ook ingedien word.

Mense trou ook meer dikwels buite, tydens ’n korter tydgleuf, en die kleredrag is meer informeel, sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa