Sarie

TE VEEL KEUSES LEI TOT GEEN KEUSE

-

Vir iets-in-die-dertigs sanger Jan-Hendrik Fourie, wat nou naam maak met liedjies soos sy enkelsnit “Red my”, is die afspraakla­ndskap vandag veels te vol elektronie­se keuses. “Dit maak ’n mens deurmekaar!” Hy het al afspraak-apps soos Tinder en Koer uitgetoets, maar gou besluit aanlyn hofmakery is nie vir hom nie.

“Dit is moeilik om iemand daar te vind vir ’n leeftyd van liefde.

Jy kan immers in ’n kits met een veeg van jou vinger links of regs ’n besluit afdwing. So leer ons eintlik net om mekaar af te skryf.”

Jan-Hendrik meen al ontstaan ’n verhouding uit ’n afspraak-app, maak al die ander beskikbare opsies dit juis moeilik om aan ’n verbinteni­s getrou te bly.

“Dis byna soos om aanhoudend met ’n stokkielek­ker in die hand in ’n lekkergoed­snoepie te verdwaal.”

Hy vind verhouding­s op afspraak-apps is meesal net vervlieten­de kitsliefde.

“Ek weet jy kry mense met ongeloofli­ke aanlyn liefdesver­hale. Daar is egter ook lokvalle. Mense kan in die gewoonte van doelbewust­e vermyding – sogenaamde ghosting – verval. Hulle aanvaar nie verantwoor­delikheid vir wat in ’n verhouding gebeur nie. Dis nie my styl nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa