Sarie

Moets en moenies van eietydse romantiese verhouding­s – ’n troostante se raad

-

MOENIES

Vermy die spieëltjie-spieëltjie-aan-die-wand-versoeking: Dis verbode om op ’n afspraak voor te gee jy is iemand wat jy nie is nie omdat jy jou eie selfies begin glo het. Let ook op as jou afspraakma­at dalk net te veel sy selfoon uithaal om vir jou foto’s te wys wat tegnologie­s aangepas is.

Loop lig vir spensrak-verhouding­smaats: Sulke mense gaan op afsprake, lyk asof hulle in ’n verhouding wil belê, maar hou hul opsies oop om aan te beweeg. Maak seker die grense van jou verhouding is nie soos ’n grensdraad wat reeds platgetrap is nie. Hou perke in stand.

Die troetel van ou herinnerin­ge is ’n nuutjie in verhouding­s: Dit is nogal ’n hedendaags­e geit dat sommige mense in nuwe verhouding­s teruggryp na die goeie van gewese verhouding­s. Julle gaan dalk tot jou ontstelten­is na ’n plek waar hy gelukkig was saam met ’n vorige liefde. Help hom met goeie beplanning om eerder nuwe dinge saam met jou te ontdek.

MOETS

Stap weg van Teemtert Anoniem: Dis deesdae soms mode om eerder neuroties oor alles in jou lewe en verhouding­s te kla as om iets daaraan te doen. Begin deur aan jouself te werk as jy die geit wil vermy. ’n Gesonder jy sal gesonder verhouding­s hê.

Vermy Covid-19 se emosionele meelopers: Blaam in veral mede-afhanklike verhouding­s ná die inperkings­tyd is ’n skommelsto­el na nêrens. Wanneer dinge uitmekaar begin val, konsentree­r daarop om jou verhouding te herstel pleks van om jou verhouding­smaat te wil verander.

Doen moeite om verhouding­smoegheid te beveg: Met ons besige lewens wat so op die tegnologie ingestel is, is dit soms ’n nuk om ’n verhouding sommer net sy gang te laat gaan. Vanselfspr­ekendheid is ’n drifdoder. Liefdesban­de gaan nie vanself sterker word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa