Sarie

PAS ’N VASTE AFSPRAAKAA­ND IN

-

Joernalis in haar twintigs Eunice Stolz sê as jy paartjies vroeër gevra het hoe hulle ontmoet het, was hulle skaam om oop kaarte te speel indien die internet in watter vorm ook al Kupido gespeel het.

Deesdae erken maats die wegspringb­lok uit die staanspoor, want dit is tien teen een die tendens in hul portuurgro­ep.

Eunice meen die verskynsel van korttermyn­verhouding­s ná internet-ontmoeting­s het tydens die Covid-19-pandemie toegeneem. Sy hou nie van die kortstondi­ge aard daarvan nie. “Die hart beleef net so ’n soete beroering vir ’n oomblik en dan knip die wi-fi weer aan om te kyk wie is nog beskikbaar . . .”

Sy dink verhouding­s word al hoe meer selfgesent­reerd.

“Dit is nogal hartseer hoe die wêreld meer plek vir die individu, eerder as vir ’n paartjie, begin maak het.”

Sy glo paartjies moet sorg dat hulle tyd vir mekaar maak.

Vir haar is die gier van ’n vaste afspraakaa­nd ’n bonus.

“Dis iets om na uit te sien as die lewe se sleur druk. Ek en my kêrel probeer altyd iets onvergeetl­iks op so ’n afspraak doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa