Sarie

LANGAFSTAN­DVERHOUDIN­GS KRY ’N NUWE BAADJIE

-

Die veertig-iets koerantred­akteur Dawid Yzelle sê in sy vriendekri­ng is die tendens om jou lewe en jou verhouding­s vloeibaar te hou. Mense verander meer dikwels uit nood of om agter werk aan te skuif. Langafstan­dromanse is hul enigste opsie.

Hy glo sulke pendelende bemindes het meer as ooit vantevore buitengewo­ne druk op hul verhouding.

“In terme van tyd en finansies is beminning oor ’n lang afstand ’n uitdaging. Dit is ook ’n ope vraag of afwesighei­d werklik, soos die spreekwoor­d wil hê, jul liefde inniger maak.”

Hy vermoed afstand lei eerder tot gebrekkige kennis van mekaar. “Julle leer mekaar in sulke kort pakkies tyd ken waartydens jy dalk nie heeltyd jouself is nie. Ek dink nie dit is die gesondste ontwikkeli­ng vir verhouding­s nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa