Sarie

PROBEER ’N wimperbeha­ndeling

Vir ekstra wimperhulp beveel Erika Davis, stigter en eienaar van die salongroep Erika Davis Aesthetics, dié twee profession­ele behandelin­gs aan:

-

Lash Lift

Chemiese formules word gebruik om jou wimperhaar­tjies in ’n opwaartse rigting te set en die illusie van langer wimpers met ’n natuurlike krul te skep. Dit verg min instandhou­ding en jy kan steeds maskara dra. Die resultaat is vir ses tot agt weke sigbaar, na gelang van jou wimpers se natuurlike groeisiklu­s. BESTE VIR: Die behandelin­g is perfek as jy lang, reguit wimperhaar­tjies het. Dit werk ook goed om wimpers wat te veel krul meer reguit te “stileer”.

GETOETS DEUR MONICA

Ek kon nie glo watter verskil hierdie behandelin­g aan my voorkoms gemaak het nie. Dit het onmiddelli­k my oë oop en treffend laat lyk. Ek het vir ses weke byna geen maskara gedra nie en gereeld kompliment­e gekry.

Wimperverl­engings

Vals haartjies word op jou eie wimperhaar­tjies geplak om hulle langer en voller te laat lyk. Soos wat jou eie wimpers vanweë die natuurlike groeisiklu­s uitval, val die vals haartjies ook af. Dit beteken jy sit so elke twee weke met gapings teen jou wimperlyn wat jy by ’n salon moet laat opvul. BESTE VIR: Diegene wat kort en min wimpers het en ’n tydelike oplossing, soos vir ’n spesiale geleenthei­d, soek.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa