Sarie

Wat van ’n maskara-basislaag (primer) en -serum?

-

’n Maskara-basis vorm ’n gladde laag oor jou wimpers wat die aanwending van maskara makliker en meer eweredig maak. ’n Wimperseru­m bevat aktiewe bestanddel­e wat die haartjies versterk en vog inseël sodat jou wimpers gesonder lyk en beter groei. As jy sukkel met bros, swak en kort wimperhaar­tjies, kan ’n serum help. Jy moet die produk egter aanhoudend gebruik om resultate te sien. “As jou begroting ’n wimperbasi­slaag of -serum toelaat, bederf jouself, maar dit is nie vir my ’n noodsaakli­kheid nie,” sê Annice. Jy kan ’n serum soggens of saans gebruik. Indien jy die serum soggens gebruik, wend dit eerste aan, gevolg deur ’n basislaag en jou maskara.

 ?? ??
 ?? ?? GEBRUIK: 1. Catrice Lash Curler (R101) 2. L’Oréal Paris Lash Paradise Mascara Primer (R190) 3. RapidLash Eyelash Enhancing Serum (R999)
GEBRUIK: 1. Catrice Lash Curler (R101) 2. L’Oréal Paris Lash Paradise Mascara Primer (R190) 3. RapidLash Eyelash Enhancing Serum (R999)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa