Sarie

SUANNÉ HOU VAN

-

Dit was vir my baie opwindend om die SuidKoreaa­nse skoonheids­huis FEEV se Hyper-Fit Color Serum in After Squat (R395) op die proef te stel. Dié produk is ’n kombinasie van ’n serum en ’n blosser wat jou vel bevog én subtiele kleur gee. Die vloeibare formule skep ’n deursigtig­e, blosende voorkoms met ’n douerige afwerking. Ek tik met my ringvinger­s ’n klein hoeveelhei­d liggies opwaarts vanaf die appels van my wange in die rigting van my slape aan. Die oorblywend­e produk gebruik ek om my lippe mee af te rond. Ek hou daarvan om eerder minder serum aan te wend en dit lagie vir lagie op te bou na gelang van die voorkoms wat ek graag wil skep. By dermastore.co.za

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa