Sarie

ROOI-UIE-ENSPEKBROO­D

-

(bl. 91) Die kombinasie van uie en spek laat dit amper smaak soos ’n braaibrood­jie. Die geheim van die brood is om dit oornag te laat rys. Die gaar brood vra vir genoeg botter, want dit is die toppunt van lekker.

genoeg vir 2 brode

600 ml water

10 g sout

10 g-sakkie kitsgis

200 g spekblokki­es

1 (200 g) middelslag-rooi-ui, fyngekap

1 kg (1 800 ml) koekmeel, plus ekstra vir sif botter vir voorsit

Plaas water, sout en gis in ’n mengbak en meng goed. Meng spek en uie by. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as die deeg te klam is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestro­oide werkvlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Verdeel deeg in twee en rol in stywe deegballe. Smeer twee ovaal of ronde yskasbesta­nde bakke van sowat 25 cm in deursnee met olyfolie. Plaas deegballe in bakke en laat rys oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Haal deeg uit yskas en laat staan in bakke vir 15 minute. Spuit twee bakplate goed met kleefweren­de kossproei en keer deeg op plate uit. Bak brood 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit louwarm voor met botter.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa