Sarie

ROG-ENOKKERNEU­TBROOD

-

(bl. 95) Wanneer jy brood met rogmeel bak, moet jy ’n swaar, kompakte tekstuur verwag. Rogbrood smaak op sy beste die dag wat jy dit gebak het.

genoeg vir 1 brood

375 ml water

10 g-sakkie kitsgis

10 ml melasse

10 ml sout

10 ml karwysaad

100 g okkerneute, grofgekap 225 g (400 ml) donker rogmeel 225 g (400 ml) broodmeel botter vir voorsit

Plaas water, gis, melasse en sout in die bak van ’n elektriese menger. Meng met die K-spaan by matige spoed tot goed gemeng. Voeg karwysaad, okkerneute, rogmeel en broodmeel by. Verhoog spoed en meng 10-12 minute of tot mengsel in ’n bal in die middel van die bak saamkom. Plaas in ’n skoon bak wat met olie gesmeer is. Bedek bak met kleefplast­iek en laat rys deeg op ’n warm plek tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak en keer deeg daarop uit. Knie deeg af en vorm in ’n wors van sowat 40 cm lank. Spuit ’n bakplaat deeglik met kleefweren­de kossproei en sprinkel meel op plaat. Plaas deegwors op bakplaat in die vorm van ’n krans. Jy kan die twee punte heg deur dit effens aan mekaar vas te knyp. Plaas ’n leë blikkiesko­sblik wat met kleefweren­de kossproei gespuit is in die opening in die middel van die brood. Laat rys deeg weer vir 20 minute. Verhit oond tot

220 °C. Bak brood 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met botter.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa