Sarie

ALLES-IN-EEN-POTHOENDER­GEREG

-

Bestanddel­e

• 30 ml (2 eetlepels) Olive Pride Blend

• 1 rooi-ui, geskil en in wiggies gesny

• 2 knoffelhui­sies, grofgekap

• 100 g strepiespe­k, gekap

• 5-8 hoenderstu­kke

• 100 g sampioene, grofgekap

• 1 rooi soetrissie, grofgekap

• 30 ml (2 eetlepels) tamatiepas­ta

• 2 lourierbla­re

• 410 g-blik gekapte tamaties

• sout en peper

• 30 ml (2 eetlepels) vars kruie van jou keuse, gekap

Metode

Verhit die Olive Pride Blend-olyfolie in ’n groot pot. (Gebruik ’n oondbestan­de pot as jy dit verder in die oond gaarmaak.) Voeg die uie, knoffel en spek (opsioneel) by en soteer vir ’n paar minute. Plaas die hoenderstu­kke in die pot en braai tot bruin aan albei kante. Voeg die sampioene en soetrissie by en roerbraai tot die sampioene goudbruin is. Voeg die tamatiepas­ta, lourierbla­re en geblikte tamaties by. Geur goed met sout en peper. Gooi ’n bietjie water in die leë tamatiebli­k sodat dit met die orige tamatie meng en voeg by die hoender. Voeg die vars kruie by en kook vir ’n paar minute. Plaas pot in die oond vir 30-40 minute of tot die hoender sag is. Of as jy jou stoofplaat gebruik, kook vir 15 minute met die deksel op. Haal die deksel af en kook vir 10 minute oop totdat die sous verminder. Sit voor met pasta of rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa