Sarie

Ons storie word ons kliënte se storie

- Natalie en Kim Ellis van The Joinery thejoinery.co.za

Terwyl Natalie Ellis modebemark­ing in Engeland studeer het, het sy besef daar is ’n skuif nodig in hoe verbruiker­s mode benader. “Ons gebruik organiese velsorgpro­dukte, ons eet organiese kos, maar ons dra sintetiese klere wat heeldag in kontak met ons vel is. Ons is geskok oor hoeveel kos vermors word, maar gooi ou klere weg sonder om twee keer te dink. Ek was ook betrokke by

Oxfam, wat hulle beywer om armoede te verlig, en kon nie meer wegkyk wanneer dit kom by ons houding teenoor mode nie.”

Haar sussie en deesdae haar sakevennoo­t, Kim, het ook in die modewêreld in Brittanje gewerk en dieselfde begin voel. Die twee het besluit om terug te kom Suid-Afrika toe en klere van omgewingsv­riendelike en herwinde materiaal te ontwerp. So is The Joinery in 2010 gebore.

“Aanvanklik het ons natuurlike stowwe soos linne en hennep gebruik, maar gesukkel om dit plaaslik in die hande te kry. Toe besluit ons om ’n nuwe materiaal van plastiek te probeer vervaardig eerder as om materiale in te voer. Dit het maande se navorsing en ontwikkeli­ng, in samewerkin­g met ’n plaaslike herwinning­sfabriek, geverg. Uiteindeli­k het ons ’n wonderlike vilt ontwerp en dit gepatentee­r,” vertel Natalie.

Vandag het hulle al nagenoeg ’n miljoen plastiekbo­ttels herwin om dié materiaal, Future Felt, te maak, waarvan hulle van pantoffels en plekmatjie­s tot handsakke en hoede vervaardig.

Die klein ondernemin­g wat die twee susters oor naweke en saans in ’n geleende motorhuis op die been gebring het, het vandag 15 permanente werknemers en kry soms bestelling­s vir tot 100 000 produkte, sê Natalie.

“Wanneer ons sulke groot bestelling­s kry, sal ons tot vyftig naaldwerke­rs van naaldwerkk­oöperasies op kontrakbas­is inkry om te help. Verder werk ons saam met leerderska­p-organisasi­es en leer mense nuwe vaardighed­e.

“Een só ’n werknemer wat begin het deur voorraad te tel en geen masjienvaa­rdighede gehad het nie, is nou een van ons beste leerwerker­s.

Ander het die vaardighed­e gebruik om hul eie ondernemin­g te begin. Dis wonderlik om só ’n verskil in mense se lewens te kan maak.”

In die begin het die twee, wat in Kaapstad woon, hul produkte by markte daar verkoop. “Toe het ons bestelling­s vir boetieks begin maak en ’n aanlyn winkel begin. Korporatie­we kliënte het later begin navraag doen en ons het ál meer produkte, meestal geskenke vir hul kliënte, soos houers en sakke, volgens hul spesifikas­ies gemaak,” vertel Natalie.

Dié kliënte sluit deesdae groot name soos Coca-Cola, Spier en Investec in, en hulle voer nou ook produkte uit na hotelle en winkels in tot Swede en Sri Lanka. Hulle het ook al produkte in samewerkin­g met Polo en Carrol Boyes ontwerp, wat in dié handelsnam­e se plaaslike winkels verkoop word.

“Ons gewildste produk is ons groot drasakke met die woorde ‘Made from recycled plastic bottles’ op. Mense is gaande daaroor. Die pantoffels ook. Ons nuwer produkte soos skootreken­aarsakke is ook baie gewild.”

Natalie glo die produkte is so in aanvraag omdat hul werknemers vaardig is en uitstekend­e gehalte lewer, maar ook omdat mense aanklank vind by hul beginsels. “Ons storie word ons kliënte se storie. Deur ons produkte te koop en te verkoop, of self te dra, help hulle ook ander mense om nuwe vaardighed­e aan te leer en red hulle die oseane van plastiekro­mmel. Jy hoef nie duisende rande te skenk of groot projekte aan te pak om ’n verskil te maak nie, jy kan bloot beter keuses in jou alledaagse lewe maak soos om plaaslike en herwinde produkte te koop en jou eie rommel te herwin. En mense begin dit uiteindeli­k insien.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? FOTO’S ?? Een van The Joinery se drasakke en grimeersak­kies uit herwinde plastiek. VERSKAF
FOTO’S Een van The Joinery se drasakke en grimeersak­kies uit herwinde plastiek. VERSKAF
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa