Sarie

DIS NIE NUUT NIE!

-

Elke generasie het sy eie probleme met fokus, dis bloot die aard daarvan wat verskil, volgens dr. Caroline Leaf, ’n Suid-Afrikaans gebore kommunikas­iepatoloog en kognitiewe neuroweten­skaplike wat nou in die VSA woon. Ons verander, die eise van die lewe is anders, en die dinge wat ons aandag kry, verander ook. Ons raak obsessief daaroor, soos met die tegnologie nou, en dit neem tyd om daarby aan te pas.

“Wat Johann briljant uitbeeld, is só ’n aanpassing­styd. Die tegnologie is opwindend en ontwerp om ons aandag te trek. Toe TV die eerste keer verskyn het, was daar dieselfde klagtes. Net so met radio. Aanvanklik gebruik ons dit verkeerd, en kom dan by ’n punt waar ons balans kry.” Ons is dus in ’n oorgang en as ons dit behoorlik bestuur, sal ons ons fokus terugkry. Ons moet by onsself begin, ons kop regkry. Dis die onderwerp van haar nuutste boek, Cleaning Up Your Mental Mess: 5 Simple, Scientific­ally Proven Steps to Reduce Anxiety, Stress, and Toxic Thinking (Baker Books, 2021). Eers dan sal ons die geestelike veerkragti­gheid hê om dinge in die samelewing aan te vat wat moet verander. Dit kan die sakemodel van die groot tegnologie­maatskappy­e wees. Of die ongesonde kos op winkelrakk­e. Of werkgewers wat verwag ons moet altyd aan diens wees. Vind meer uit oor die vyf stappe: drleaf.com, podcast.drleaf. com, neurocycle.app

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa