Sarie

VERSLAAF AAN TEGNOLOGIE

-

Geen verrassing hier nie. En natuurlik moet jy jou tyd in die kuberruim beperk. Dis egter soos om ’n suurstofma­sker te dra vir lugbesoede­ling, volgens Johann. Jy moet die masker soms afhaal.

Ons moet na die groter sosiale probleem kyk. Groot tegnologie­maatskappy­e, soos Facebook en Google, se sakemodel maak staat op advertensi­es en die insamel van komplekse inligting oor jou om aan adverteerd­ers te verkoop. Wanneer jy jou toestel neersit, verdwyn dié inkomstest­rome. Die platforms is dus ontwerp dat dit jou aandag so lank as moontlik “kaap”. Só is daar ’n stelsel van beloning soos “likes” vir jou inskrywing­s/foto’s/video’s. Voorts word doelbewus gepoog om jou woedevlakk­e op te jaag sodat jy minder helder dink en meer impulsief optree.

In die jare sewentig was dit baie bekend dat lood in verf skadelik vir veral kinders se brein is. ’n Groot beweging, meestal ma’s, het druk uitgeoefen dat die lood verwyder word. Dit was suksesvol. Daar moet op dieselfde manier na die sosiale media gekyk word. “Die sosiale media het baie goeie punte. Maar daar is spesifieke aspekte wat ons met regulering kan hanteer wat ons vermoë om te fokus grootliks sal herstel. Ons hoef nie sosiale media te verbied nie. Ons moet die skadelike sakemodel verbied,” volgens Johann.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa