Sarie

VLOEK OP DIE BREIN

-

Navorsers het in 1834 in vloek begin belangstel. ’n Man wat ná ’n beroerte die vermoë verloor het om te praat (afasie), kon net twee woorde sê: “Ek” en

“f_k”. Die stomme man was boonop ’n priester! Is daar dan ’n spesifieke sentrum in die brein vir kragwoorde, het navorsers kopgekrap.

Dit wil inderdaad voorkom asof swetswoord­e in ’n heeltemal ander deel van die brein geprosesse­er word as ander woorde: ’n primitiewe­r, ouer deel, volgens Richard Stephens in

Black Sheep: The Hidden Benefits of Being Bad (2015). Terwyl die meeste taal in die serebrale korteks en spesifieke taalareas (Broca se area en Wernicke se area) in die linkerhemi­sfeer verwerk word. Afasielyer­s (die gedeelteli­ke of algehele onvermoë om gedagtes in spraak om te sit) het gewoonlik skade aan die brein se linkerhemi­sfeer. Daar is egter baie aangeteken­de gevalle waar hulle steeds stereotipi­ese taal vlot kan gebruik – soos liedjies sing, of vloek, volgens Stephens.

Toe, in die jare negentig, bevind studies vloek kan help om pyn te verlig. Só kan jy jou hande langer in ysige water hou as jy ook ’n rits kragwoorde (teenoor meer neutrale woorde) afvuur, volgens Britse navorsing. Jy is ook minder bewus van die pyn. “Vloek kan dus ’n soort pynstiller wees,” sê prof. Van Huyssteen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa