Sarie

STOOM AFBLAAS

-

Bewyse is volop dat vloek ’n emosie-gebaseerde hanterings­meganisme is wat ons meer veerkragti­g laat voel. Studies toon wanneer jy mense in stresvolle situasies plaas en sê hulle mag nie vloek nie, neem hul prestasie af en hulle stres meer, volgens Emma Byrne in Swearing is Good for You: The Amazing Science of Bad Language (2018). Om Mark Twain aan te haal: “In sekere omstandigh­ede bring vloek verligting wat selfs gebed jou nie gee nie.” Dit herstel jou sielkundig­e ekwilibriu­m, sê prof. Ilse Feinauer van die departemen­t Afrikaans en Nederlands aan die Universite­it Stellenbos­ch in haar tesis “Die Taalkundig­e Gedrag van Vloekwoord­e in Afrikaans” (1981). Die sielkundig­e funksie van vloek stem in baie opsigte ooreen met dié van lag en huil, volgens haar. Vloek is egter kultureel aangeleer en nie aangebore soos huil en lag nie. “Lekker lag, huil en selfs vloek vervul almal die nuttige funksie om op ’n sosiaal aanvaarbar­e wyse verligting vir die gefrustree­rde gemoed te bring.” Die gemeenskap frons as ons huil ná ons ons kinderskoe­ne ontgroei het, veral as jy ’n man is. Terwyl “steune of kreune” as ’n teken van swakheid beskou word, sê sy. “Dis egter onmoontlik om altyd in stilte te ly. Die menslike senuweeste­lsel verplig jou om uiting aan jou gevoelens te gee . . .” Dis nie net vir negatiewe emosies wat jy só ’n uitlaatkle­p vind nie, sê prof. Van Huyssteen. As deel van die Vloekproje­k moes Afrikaanss­prekendes op ’n vraelys aandui watter emosies hulle laat vloek. Die top-vier was negatief: woede, afgryse, gruwel en vrees. Maar nommer vyf, naamlik verrassing, positief. Dan volg angs, verwarring, opwinding, verligting en vermaak (soos komediante op die verhoog). Die laaste drie was weer positief. Ons weet vloek kan pyn verminder en is dus nie net emosioneel nie. Dalk kan ’n paar goed gekose bloues jou selfs sterker maak en ’n groter uithouverm­oë gee, volgens ’n studie in die joernaal Psychology of Sport and Exercise. Deelnemers kon ’n skroefklou langer en harder druk as hulle hardop kon vloek. (Jy sukkel om ’n bottel tamatiesou­s oop te draai, @$#! Daarsy!) Die Vloekproje­k wil op dié navorsing voortbou, dié keer met rugbyspele­rs. Pasop: Soos antibiotik­a, kan vloekwoord­e dalk hul krag verloor as jy dit te veel gebruik. Só het die navorsers van die yswater-studie bevind as jy te veel swets (tot sestig woorde ’n dag!), kry jy geen pynverligt­ing nie. Neem dus in klein dosisse.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa