Sarie

Kyk-en-koopdinge

Wat is nuut, wat is anders? Kyk bietjie, dalk is hier ’n kopie

-

Snoesige winterstoe­l

Die Maluti-stoel is oorgetrek met ’n Hertex-materiaal wat enigeen sal laat voel hulle wil daarin opkrul met ’n kombers en ’n lekker boek. Die gekurfde lyne en tekstuur maak dit die ideale bykomstigh­eid in enige leefarea in jou huis. Is jou huis reg vir daardie koue winterdae? Besoek jou naaste skouvloer of koop aanlyn by incanda.co.za

Haarvoedin­g sonder olierighei­d

Die No Weight Hydrateree­ks is spesiaal vir hare met olierige wortels en droë punte. Andrew Barton se bekroonde opknappers en sjampoes is geformulee­r met Marokkaans­e argan-olie om hare te voed, en klappermel­k om hare met broodnodig­e olies te bevog. Die formule is van so aard dat dit lig is en nie jou hare olierig sal maak nie.

10 ekstra vitamiene

Gladde, smaaklike Classic Mayonnaise van Clover kom in drie pikante variasies – sag, matig en sterk. Daar is dus een vir elke smaak! Classic Mayonnaise bevat ook 10 bygevoegde vitamiene. Dit is by vooraansta­ande kleinhande­laars en geriefswin­kels landwyd te koop in ’n 750g-fles.

Drink só genoeg water en verloor gewig

Herbex het ’n nuwe sitruskons­entraat wat jou help om genoeg water te drink en terselfder­tyd gewigsverl­ies ondersteun. Voeg Herbex Fat Burn Pluskonsen­traat by ’n liter water en geniet deur die dag. Dis ’n kragtige mengsel met cayennepep­er, groentee, kafeïen en vitamien C. Die kombinasie van dié bestanddel­e help jou liggaam om meer aktief te bly en dus vet te verbrand. Dit verhoog ook jou energievla­kke en help om eetlus te beheer. Beskikbaar by alle groot winkels.

Gee glans met lig

Die Supreme Collection-reeks ligte van K. Light laat ’n vertrek of huis met ’n gevoel van oorvloed, luuksheid en glans. Dis ’n meesterstu­k van moderne en klassieke ontwerp. K. Light is trots op meer as 25 jaar se toewyding en fokus, wat hulle die markleiers in gehalte en diens in die SA beligtings­bedryf maak. Vind meer uit deur hulle te volg op Facebook (@klight.co.za) en Instagram (@k_light_import) en bekyk hul produkte by klight.co.za

3-in-1 vir bak, kook en smeer

Met ’n tikkie Clover

Cream is Classic Fat Spread van Clover die ideale veelsydige smeer vir elke dag se gebruik. Gebruik dit as ’n smeer, om mee te bak of te kook. Jou gesin sal dol wees oor die wonderlike smaak! Mama Bake spog met ’n donsige tekstuur en romerige smaak, perfek vir al jou bakbehoeft­es. Classic Spreads is te kry in 500 g-blokke, 500 g- en 1 kg-bakke. Kyk uit daarvoor by vooraansta­ande kleinhande­laars en geriefswin­kels landwyd.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa