Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

Marc-Gregory oor sy koffietafe­lboek In Good Company (GenGage, R690)

-

Hoe het die projek begin?

My visie om ’n visuele kunsversam­eling van SA ikone te skep het twee jaar gelede begin. Ek wou ons kultuur van grootsheid vier en iets positiefs in ons land doen. Die opbrengs gaan aan Reach for a Dream, wat kinders met lewensbedr­eigende siektes ondersteun. Om die projek tydens die pandemie te doen was ’n uitdaging sowel as ’n seën. Dis moeilik om afsprake met bekendes te kry omdat hulle altyd besig is. Met die inperking kon hulle skielik tyd inruim vir die fotosessie­s in die ateljee. Die pandemie het my ook gedwing om meer kreatief te wees, omdat ek nie op location kon gaan om die agtergrond­e vir die portrette te skiet nie. Ek moes digitale komponente gebruik om die visuele kuns te skep en elke fotosessie moes in die ateljee afgehandel word. Moderne visuele kunstenaar­s is besig om ’n gemengde aanslag te omarm waarin fotografie en digitale kuns saamkom. Ek verwys daarna as “visuele alchemie”. Wat beteken die projek vir jou?

Ek het geleer ons is die skeppers van ons eie lewe en dis nooit te laat om ’n toekoms te visualisee­r waarin ons ons drome bewaarheid nie. șDie Britse chemikusț Douglas Everett het gesê: “There are some people who live in a dream world, and some who face reality; and then there are those who turn one into the other.” In Good Company wys die ongeloofli­ke werklikhei­d wat 32 Suid-Afrikaners vir hulself geskep het.

Wat die projek vir my besonder betekenisv­ol maak, is dat ek my droom waar gemaak het om SA ikone af te neem, die impak daarvan op SuidAfrika­ners en die verskil wat dit vir Reach for a Dream maak.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa