Sarie

Africa: The Fashion Continent

-

Emmanuelle Courrèges (Thames & Hudson, R1 625)

Courrèges skryf al 20 jaar vir internasio­nale publikasie­s oor Afrika-modes, en dié pragboek is die resultaat van haar ervaring. Dit dokumentee­r nie die geskiedeni­s van Afrika-modes nie, maar reflekteer die nuwe estetika; byna ’n kulturele renaissanc­e wat besig is om te gebeur, en die ontwerpers, fotograwe, visuele kunstenaar­s en bloggers wat dit dryf. Die afgelope 15 jaar was daar op die demografie­se, politieke, sosiaal-ekonomiese en kulturele front heelwat veranderin­g in Afrika, en in verskeie lande het ’n middelklas ontstaan wat trots Afrika-produkte koop. Modeweke in Dakar, Lagos en Johannesbu­rg het gesorg vir prêt-à-porter-Afrika-modes. Wat my opval, is die inspirasie wat uit tradisie geput word en in moderne ontwerpe vorm kry, sowel as ’n etos van volhoubaar­heid by die meeste ontwerpers van die kontinent. Insiggewen­d en ’n moet-lees vir enigeen wat belangstel in mode.

Phyllis Green

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa