Sarie

Die probleme van die toekoms is ons almal s’n

-

Klimaatsve­randering, verbruiker­spatologie, vreemdelin­gehaat, eensaamhei­d, andersdenk­endes, gesins- en geslagsgew­eld is waarop Carien Smith in haar kortverhaa­lbundel fokus. Sy skryf om mense te laat dink oor kwessies wat die toekoms van ons planeet bedreig

“Die probleme van die toekoms gaan ons almal tref. Mense met geld gaan dit dalk langer kan vermy, maar ons almal gaan een of ander tyd ons oë moet oopmaak. Ons is almal in hierdie bootjie wat ons baie vinnig gaan moet omdraai. Ek glo dis moontlik. Ek is nie ’n absolute pessimis nie, hoewel dit dalk so kan voorkom,” vertel Carien uit Sheffield, Engeland, waar sy tans met haar PhD besig is.

Die kortverhal­e in haar debuutbund­el, Bot, laat jou diep nadink. Veral die rol van kunsmatige intelligen­sie en genetiese manipulasi­e stem mens onrustig. In “Agentskap” kan ouers vir hulle die perfekte kind kies. “Kry jou droomkind vandag. Vervul jou drome om ’n ma of ’n pa te wees. Kies die volmaakte genetiese kombinasie. Kry ’n Moeder saam met jou droomkind . . .” – bl. 28.

Die verhale, ’n vermenging van realisme, wetenskapf­iksie en fantasie in ’n distopiese wêreld, is besonder geloofwaar­dig en skrikwekke­nd werklik. Die boek is opgedra aan almal wat saam op hierdie potensiële pad van uitwissing reis. “Van die boemelaar, die fetus wat binnekort hierdie wêreld moet aandurf, tot Mark Zuckerberg, Elon Musk, prins Andrew en selfs die koningin van Engeland.”

SARIE-boekeredak­teur Phyllis Green het per e-pos met Carien Smith oor Bot (Tafelberg, R230) gesels.

Jy fokus in jou kreatiewe skryfwerk op die kortverhaa­l as genre. Waarom?

Ek speel graag met idees en sommige kan beter uitgedruk word in ’n korter weergawe. Dit beteken nie dat ingewikkel­de idees nié in ’n roman kan vorm kry nie. Maar die tipe idees waarmee ek tot nou toe gewerk het, is beter in die korter vorm. Dis eerder dalk net ’n beeld, of ’n oomblik. Met ’n nuanse van iets wat gebeur.

Die ander rede is eenvoudig omdat kortverhal­e beter pas binne die raamwerk van my PhD-studies. Ek kan intens vir ’n paar ure aan een afsonderli­ke verhaal werk wat heeltemal op sy eie binne ’n wêreld funksionee­r. Dit is ’n storie om twee sulke groot projekte te balanseer. Jy wil nie die een afskeep nie en albei verg baie. Hoewel ek die geraamte van die bundel geskryf het tydens my genootskap by die Johannesbu­rg Institute for Advanced Study het baie van die hardste werk eers daarna gebeur, toe ek met my doktorsgra­ad begin het. Skryf is werklik herskryf. Dis op ’n manier vir ’n debuutskry­wer beter om nie te veel te verstaan hiervan nie. Jy weet voor die tyd jy is besig om ’n moewiese projek aan te pak. En so deur die proses leer jy hoe moewies dit werklik is.

Hoe hou jou skryfwerk verband met jou studies en die akademie?

Dis soos twee longe wat ek albei nodig het. My navorsing handel oor sameswerin­gsteorieë, wetenskaps­keptisisme en ontkenning (denialism), en meer spesifiek oor klimaatsve­randering. (Covid-19 is natuurlik absoluut relevant!) Wat duidelik word uit my navorsing, is jy kan nie net sê iemand is verkeerd omdat hulle op ’n bepaalde manier glo nie. Selfs al is dit baie duidelik nie die waarheid nie. Dit beteken nie ons moet alles net aanvaar nie. Nee, daar’s gewoonlik wel een ding wat die waarheid is en verkieslik moet wees bo ’n ander. Maar ’n mens wonder wanneer ons iemand aanspreekl­ik kan hou vir dit wat hulle glo, en hulle dan verder aanspreekl­ik kan hou vir die daaropvolg­ende aksies en nagevolge. Die boek ondersoek ook geloof oor dinge – veral klimaatsve­randering, kunsmatige intelligen­sie, die sosiale media, simulasies, robotte, ens. Wat dit beteken om iets te glo. Wat die gevolge daarvan is op ons aksies. Hoe ons begin om ander te verstaan en hanteer wanneer ons iets as die waarheid sien en ervaar.

Stel kortliks die verhale in Bot aan ’n voornemend­e leser voor?

Toekomsver­hale oor robotte, apokalips, simulasie, en distopie. Ja. Maar soveel meer. Hoewel dit op die oog af lyk soos blote spekulasie, is elke idee, beeld en stukkie tegnologie gebaseer op iets wat vandag in ons wêreld gesien kan word, of wat reeds binne die volgende paar jaar voorlê, en inherent is aan ons huidige wêreld en werklikhei­d. Daarom is dit belangrik om oor hierdie dinge te dink. Dit gaan ons almal affekteer, het reeds. Die boek gaan nie net oor moontlikhe­de nie, maar ook oor werklikhed­e. En verder, lees om die nuanses raak te sien van dinge wat reeds ’n impak op ons wêreld gehad het . . .

 ?? ?? Carien Smith
Carien Smith
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa