Sarie

MADIBA-MAGIC

-

Die huis in Houghton, Johannesbu­rg, wat van 1992 tot 1998 wyle Nelson Mandela se tuiste was, is nou die Mandela Sanctuaryb­oetiekhote­l (foto bo). Madiba het voor die 1994-verkiesing en tydens sy ampstermyn as president daar gewoon, en talle beroemdes soos die model Naomi Campbell, die basketbal-ster Magic Johnson en die sanger Michael Jackson onthaal. Dit was later die hoofkantoo­r van die Nelson Mandela-stigting. Groot dele van die huis is verbou, maar oorspronkl­ike materiale is behou en regdeur die hotel gebruik. Elk van die nege slaapkamer­s weerspieël een van Madiba se vele fasette. In die voorportaa­l staan die groen stoel waarin hy soggens in die tuin sy koerant gelees het, en van sy gunsteling-maaltye soos beesstertb­redie is op die spyskaart. Die kroeg en restaurant is oop vir die publiek. Bespreek vooraf by sanctuarym­andela.com

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa