Sarie

KOS MOET LIGGAAM EN SIEL VOED

- Superbalis­t

DEUR SUZETTE TRUTER

Elmarie Berry, kosstilis, resepontwi­kkelaar en mede-eienaar van die Samesyn-handelsmer­k (luukse linneprodu­kte bedruk met kosfoto’s), het altyd gedroom van ’n werk in die koswêreld, maar sy’t nooit kon dink haar flair met kos sal tot soveel “knyp my”-oomblikke lei nie.

Soos toe sy met die instap by Exclusive Books haar eerste kookboek in die nr. 1-posisie sien (binne ’n week ná uitreiking). En haar kosbedrukt­e ontwerper-reënjas aan ’n loopplank-model in New York – gekies uit duisende uitstaller­s by die NY Now-skou. En nou die dag, toe sy voor die kameras inskuif op Aleit Swanepoel se nuwe kykNETleef­stylprogra­m, Die laaste tyd met Aleit. (Die reeks, wat op 2 Julie begin, is voor sy dood klaar opgeneem.)

Dit voel onwerklik, veral as dit jou passie is, sê Elmarie. Reeds as dogtertjie was sy haar ma se regterhand in die kombuis. “Ons het spyskaarte uitgewerk, blomme gerangskik, tafels mooi gemaak . . . Kos was ’n groot deel van ons lewe in Bloemfonte­in, van die kerkbasaar tot ’n familie-feesmaal.”

Met haar boek Kosbaar, wat onlangs bekendgest­el is, wou sy daardie saamwees om ’n tafel vier. “Dit moes mooi wees . . . jou siel én liggaam voed.” Lindy Kriek, haar Samesyn-vennoot, het die foto’s geneem. “Ek wou geen assistent hê nie. Selfs vir die braai-hoofstuk is ons twee alleen bergop, het vuur gemaak, elke ding self gedoen . . . ons het gelag én gehuil!”

Die boek het baie boerekosre­septe met ’n Libanese kinkel, danksy haar ouma Cedar, wat ’n groot invloed op haar gehad het. Op 15 het Elmarie al ’n versamelin­g Libanese resepte gehad en ’n kookkursus gedoen – die eerste van vele.

Sy het deur die jare in talle restaurant- en hotelkombu­ise gewerk en op Port Alfred ’n spyseniero­nderneming gehad totdat sy en haar man, Thian, en hul twee kinders in 2015 na Somerset-Wes verhuis het.

Haar pad het met Lindy s’n gekruis by ’n kosstileri­ngkursus. Hulle het saam “geoefen” en eendag ’n foto van granate, bessies en vye op ’n teedoek gedruk. Die reaksie was oorweldige­nd. “You’ve struck gold” het ’n vriendin dit opgesom.

Nou werk die twee kreatiewes sedert Maart 2018 saam. Elmarie stileer die prentjie, Lindy kiek dit. Hulle bly innoveer met nuwe idees, van tafelloper­s tot komberse. “Soms droom ek hoe ’n lap moet lyk. Soos ons nuwe wit reeks, waar tot die Marie-beskuitjie­s wit gespuit is.”

Elmarie betrek gereeld entreprene­urs wat blootstell­ing kort by haar projekte en waardeer die wonderlike mense wat sy deur kos ontmoet. “Dat iemand soos die kosskrywer Carmen Niehaus vir wie ek as tiener so bewonder het, nou ’n vriendin van my is en my ondersteun . . . Dís my wow-oomblik!” * Kosbaar, Penguin Random House, R380

Standard Beauty-produkte is beskikbaar aanlyn by standard-beauty.co.za, Takealot en

 ?? Elmarie Berry FOTO LINDY KRIEK ??
Elmarie Berry FOTO LINDY KRIEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa