Sarie

’n Nuwe standaard vir jou vel

Vrouemaand is perfek vir ekstra pamperlang. Bederf jou vel met Standard Beauty, ’n bekostigba­re produkreek­s vir alle ouderdomme

-

Net so belangrik soos hoe jy na jou vel omsien, is saam met wie jy tyd spandeer. Instagram-beïnvloede­r Charmaine Chadinha en haar ma, Salome Strydom, vier saam met Standard Beauty Vrouemaand:

WAT BETEKEN SKOONHEID VIR JULLE?

Charmaine: Om op te daag en te weet jy kan ’n positiewe bydrae in iemand se lewe maak. Kyk dus fisiek en emosioneel na jouself, en laat goedheid jou kompas wees.

Salome: Ek glo liefde en respek vir jouself en ander bring die natuurlike skoonheid in mense uit. Indien jy mense nie kan vergewe nie en kwaad en bitter is, gaan dit in jou uiterlike skoonheid wys.

WAT IS JUL GUNSTELING­SKOONHEIDS­WENKE?

Charmaine: Ek is mal oor Standard Beauty se hialuroons­uur, ’n sagte teenveroud­eringserum wat die vel opplomp. Hul Vitamien C-serum help weer met die verligting van pigmentasi­e in my gesig. ’n Goeie sonskerm bly natuurlik na my mening die belangriks­te velproduk.

Salome: My gunsteling­produkte is Standard Beauty se Salicylic Acid Exfoliatin­g Polish en nou in die winter die Ceramide Butter. Die gesigskrop skilfer my vel chemies en fisies af vir ’n gladder tekstuur en verminder die voorkoms van my porieë, terwyl die teenveroud­eringsvogr­oom my droë vel bevog en herstel.

WAT DOEN JULLE GRAAG AS MA EN DOGTER SAAM?

Charmaine: Ons is albei mal oor lekker kos. Ons sal ook maklik ure lank ’n uitrusting bespreek en sorg dat die skoene tot die juweliersw­are dit perfek komplement­eer.

Salome: Ek en my dogter besoek graag saam ’n spa of geniet middagete by ’n mooi plek terwyl ons op hoogte kom van wat in elkeen se lewe gebeur. Natuurlik probeer ons mekaar ook ondersteun deur die hoogte- en laagtepunt­e te bespreek.

WAT IS JUL BOODSKAP VIR VROUEMAAND?

Elke mens het en verdien ’n plek in die son. Een vrou se skoonheid of wysheid steel nooit ’n ander se kollig nie. Fokus daarop om dankbaar te wees, kry vir jou ’n visiebord asook ’n lys met doelwitte om jou te help om jou drome te bewaarheid.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa