Sarie

OP SY KOP GEKEER

-

’n Nuwe plaaslike velsorgree­ks, Sapienic, daag ons uit om anders oor velsorg te dink. Volgens dié parmantige handelsmer­k wys navorsing dat die jagter-versamelaa­rs van ouds se vel gesonder as dié van moderne mense was en dat hulle byna nooit met inflammasi­e en aknee geskukkel het nie. Die rede? Hul vel kon ’n gesonde mikrobioom handhaaf omdat hulle nie seep gebruik het nie en hul vel se natuurlike lipiede so behoue gebly het. Daarom hou Sapienic hul basiese produkreek­s (vanaf R450) supereenvo­udig: Daar is nie ’n reiniger of vogroom nie, slegs ’n kleigrimee­rverwydera­ar, ’n probioties­e gesigsproe­i, ’n hidrerende serum en ’n olie wat jou vel se natuurlike lipiede naboots. Die laaste twee produkte meng jy saam en die hoeveelhed­e kan aangepas word na gelang van jou vel se veranderen­de behoeftes.

Probeer dié reeks as jy geneig is tot ’n sensitiewe vel. By sapienic.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa