Sarie

NOG OORSAKE VAN VERGEET

-

DEPRESSIE

“Veral saam met angs kan depressie ’n effek hê op jou vermoë om helder te dink, te konsentree­r en besluite te neem,” sê Anton.

STRES

Hoë stresvlakk­e kan reeds voor 50 tot geheueverl­ies en ’n gebrek aan konsentras­ie lei.

Waar die streshormo­on kortisol gewoonlik ná ’n krisis afneem, gebeur dit nie in die geval van langdurige stres nie.

VLIEG

As jy gereeld tussen tydsones moet vlieg, rus liewer tussenin vir twee weke om vlugflouhe­id ( jet lag) te oorkom.

JOU SWAK PUNTE

As jy geneig is om name te vergeet, probeer emosie bysit. Min vroue, jonk of oud, sal die aantreklik­e George Clooney se naam vergeet.

DIE TAAK HET OUTOMATIES GEWORD

Terwyl jy bestuur dink jy dalk aan ander dinge en vergeet om af te draai, of maak ’n ongeluk.

TRAUMA

Vergeetagt­igheid is ’n kernsimpto­om van posttrauma­tiese stresverst­euring (PTSV), sê dr. Rabe. Jy probeer die tragedie blokkeer en vergeet dan klein dingetjies. “Dis oorlewing en beskerm jou van sielkundig­e skade. Kry profession­ele hulp vir trauma.”

JY SLAAP TE MIN

Slaap verwyder gifstowwe uit die brein wat gedurende die dag opbou. Uitputting kan lei tot gebrekkige konsentras­ie en vaslegging en jy kan sukkel om herinnerin­ge op te roep.

MEDIKASIE

Sekere antidepres­sante, kalmeermid­dels en bloeddrukp­ille kan jou lomerig en vergeetagt­ig maak. Daar is alternatie­we. Te veel alkohol kan jou korttermyn­geheue aantas.

’N ONDERAKTIE­WE SKILDKLIER

Laat doen ’n eenvoudige bloedtoets. Medikasie kan help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa