Sarie

‘TOE VOEL EK VERE’

-

Sy het Covid-19 oorleef, haar hare nié, sê Yolandé Roodt, uitsaaikoö­rdineerder by Plaas Media. (Dieselfde het met haar ma, Lenette Groenewald, gebeur.) Yolandé se sieraad, wat in ’n dik vlegsel teen haar rug afgehang het, dra sy nou in “’n G.I. Jane-snit, of buzz cut 1”. So ’n agste van ’n duim op haar kop – en sy wag elke maand tussen die manne haar beurt by die barbier af. ’n Haarkapper wat in vroue se hare spesialise­er, weet nie lekker hoe om dáái een te doen nie. Eers was dit elke keer ’n tranedal. Verlede maand, toe sy die eerste keer met droë oë in die barbiersto­el gaan sit, prys die barbier: “Ek’s trots op jou.” “En toe ek daar uitstap, voel ek vere. Ek is gesond, het ’n werk en my man en honde het my lief nes ek is. Dié wat wil skinder, kan maar.”

 ?? FOTO HANNERI DE WET ?? Yolandé Roodt
FOTO HANNERI DE WET Yolandé Roodt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa