Sarie

Terugblik op ’n skokkende lewe

Hoe jy dinge onthou, is nie noodwendig hoe dit gebeur het nie. Dié donker familiever­haal loop terug op die spore van die verlede om die waarheid aan die lig te bring

-

Rakie Bouwer se ma ruk die mat onder haar voete uit met die noem van haar broer se naam, Viljoen. Dié naam en al die herinnerin­ge aan Viljoen het Rakie vir jare so diep weggesteek dat sy dit vir die eerste keer weer onthou.

Nou soek sy antwoorde en loop terug op die spore van haar verlede. Intussen daag haar tweelingsu­ster, Mara, ongenooid by haar woonstel op en besluit om daar te plak. Dit ontketen ’n tweestryd in Rakie, want sy kan nie saam met Mara lewe nie, maar ook nie sónder haar nie.

Marida Fitzpatric­k vertel uit die hoofkarakt­er, Rakie, se perspektie­f ’n boeiende maar ontstellen­de verhaal in Mara. Oor hoe een lid van ’n gesin almal se lewe kan ontwrig en hulle laat voel hulle skiet tekort. Die openingsin, “Hoe het sy haar ma oorleef?”, gee reeds vir lesers ’n aanduiding dat dié ma allesbehal­we sag en moederlik is. Salomé se onvermoë as ma het haar gesin verwoes en diep emosionele letsels gelaat. Sensitiewe Rakie ly die meeste en noudat haar ma oud en siek is, wil sy foute uit haar verlede regstel in haar soeke na die waarheid. Maar sal sy die skokkende waarheid kan hanteer wanneer sy haar verlede volledig in die oë kyk?

Die meesleuren­de roman, Fitzpatric­k se derde, raak aan belangrike temas soos geestesges­ondheid, gesins- en liefdesver­houdings en die impak daarvan op individue se lewe. SARIE-boekeredak­teur Phyllis Green het per e-pos met Marida Fitzpatric­k oor Mara (Tafelberg, R295) gesels.

 ?? ?? Marida Fitzpatric­k
Marida Fitzpatric­k
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa