Sarie

Vertel meer oor Salomé se karakter en hoe jy haar geskep het.

-

Salomé is ’n wisselvall­ige, meestal koue ma wat ondanks haar beste pogings dit nie regkry om vir haar kinders deurlopend­e warmte en onvoorwaar­delike liefde te gee nie. Haar kinders is vir haar bloot verlengstu­kke van haarself of ’n spieël in wie sy ’n gunstige beeld van haarself wil sien terugkaats. Sy kry nie hulp vir haar geestesges­ondheidspr­obleme nie en syself en haar gesin ontgeld dit.

Ek het onlangs ’n fliek genaamd

The Lost Daughter gekyk waarin Olivia Colman die rol vertolk van ’n ma wat ambivalent voel oor moederskap en haar twee dogters erge emosionele letsels toedien. Daar was opmerklike ooreenkoms­te tussen haar en Salomé. Ons is so gewoond aan die argetipies­e rol van die sagte, liefdevoll­e ma dat dit onthutsend is om ’n ma-karakter teë te kom wat dit nié is nie. Vertel ons meer van die liefde-haatverhou­ding tussen Rakie en haar tweelingsu­ster, Mara.

Rakie en Mara kan nie met mekaar saamleef nie en kan ook nie sonder mekaar nie. Die twee is baie lief vir en afhanklik van mekaar, maar dryf mekaar ook teen die mure uit. Mara en Rakie is mekaar se teenpole: lig en donker, veilig en gevaarlik, bang en waaghalsig. Hulle trek mekaar aan, maar stoot mekaar ook af. Wanneer hulle saam is, is alles onstabiel en plofbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa