Sarie

Wat was die vonk vir die verhaal?

-

In Mara se geval was dit ’n droom; ’n nagmerrie, om die waarheid te sê. Dit was een van daardie drome wat my bygebly het en toe besluit ek dit kan dalk ’n boek word. Vertel meer van Daniël, aan wie jy die boek opdra.

Daniël is my ánder baba, my hart se punt, en die rede hoekom ek die afgelope twee jaar net aan en af aan die manuskrip kon werk. Hy’s in Mei 2020 gebore, kort ná die uitbreking van Covid. Ek dink sy generasie gaan eendag as die Coronials bekend staan. En ek kan nou met gesag verklaar dat dit byna ewe pynlik is om die lewe aan ’n boek te gee as aan ’n baba.

Hoe kies jy name vir jou karakters? Soek jy name met ’n betekenis, spesifiek Mara en Salomé? (Dis ironies dat Salomé volgens Bybelse betekenis vrede verteenwoo­rdig en Mara “bitter” beteken.)

Ek speel maar met verskillen­de name tot iets reg voel. Snaaks genoeg was Mara se naam net dadelik daar. En ja, dis baie ironies dat Salomé se naam “vrede” beteken. Dit was nie doelbewus nie, maar as ek nou daarna kyk, het almal behalwe Viljoen Bybelname. Dikwels is ’n mens se onderbewus­te aan die werk met sulke besluite in die skryf van ’n boek, en dan sien jy dit eers ná die tyd wanneer iemand soos jy jou daarop wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa