Sarie

Riaad, Saoedi-Arabië

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoekom Saoedi-Arabië?

Rian: Ons is al byna 20 jaar lank expats. Hiervan was ons 14 jaar in Engeland, waar ons ontmoet het șRian is oorspronkl­ik van Gqeberha en Yolanda van Margateț, en vyf jaar in Doebai, wat die besluit om hierheen te trek makliker gemaak het. Ons bly nou ’n jaar in Riaad, die hoofstad. Ek is ’n bourekenaa­r en het ’n werksgelee­ntheid gekry om aan een van die megaprojek­te te werk wat luukse vakansieoo­rde aan die Rooisee en op omliggende eilande ontwikkel.

Yolanda: Ek is tans ’n tuisteskep­per en het tot onlangs toe nog ons twee

seuns tuis onderrig. In April is hulle weer skool toe en ek is stadig maar seker besig om in te skakel by ons gemeenskap. Ons woon in ’n compound waar talle ander expats van reg oor die wêreld woon. Dis ’n land van jong mense?

Rian: Ja, ongeveer twee derdes van die mense is jonger as 29, en 37% jonger as 14. Dit is opmerklik hoe baie jong mense jy in die openbaar sien, asook die aantal jong gegradueer­des wat om werk aansoek doen by maatskappy­e. Die land het die afgelope tien jaar vreeslik baie veranderin­g en vooruitgan­g ondergaan en baie van die jong mense in ons maatskappy is ’n goeie mengsel van mans en vroue wat deur die staat aangemoedi­g en ondersteun word om hul beroep te bevorder.

Filmverton­ings is 35 jaar lank verbied en in April 2018 het die eerste

bioskoop oopgemaak. Nou is daar talle teaters wat al die nuutste flieks wys. Baie van die vermaakakt­iwiteite, modewinkel­s, kafees en restaurant­e is ook gemik op ’n jonger mark.

Einde 2017 het dit wettig geword vir vroue om te bestuur en ons sien gereeld jong dames op die pad. Interessan­te juweeltjie­s waarvan die meeste besoekers nie weet nie?

Saoedi-Arabië het sy eie Petra șantieke stad gekap uit rots in Jordaniëț, wat as Al Ula bekendstaa­n, en is prentjiemo­oi. Die Rooisee-gedeelte waar die vakansieoo­rde gebou word, is ongerep met koraalriww­e en strande wat lyk soos die Maledive.

Daar is ook die rooi sandduine naby Riaad, asook die “Edge of the World”, kranse van 300 m hoog met ongeloofli­ke uitsigte.

Drie woestyne beslaan 95% van SaoediArab­ië en die land het geen varswaterr­ivier nie. Tog het die rooi sandduine hul eie bekoring, vertel Rian en Yolanda Smith

Ons ry gereeld rond en vind nuwe interessan­te plekke. Onlangs was ons by ’n tradisione­le Arabiese restaurant met die heerlikste kos. Riaad spog ook met die grootste koffiewink­el in die wêreld, Al Masaa, met 1 050 sitplekke. Wat is onwettig in SaoediArab­ië?

Yolanda: Wette is geskoei op Islam. Alkohol en varkvleisp­rodukte is nie beskikbaar nie en mag ook nie in die land ingebring word nie. Oortreding­s wat strafbaar is met jou lewe, is moord, verkragtin­g, dwelmgebru­ik of die belasterin­g van Islam. Oor die algemeen voel ons baie veilig hier, hoewel die padvernuf van bestuurder­s partykeer die hare laat rys.

Rian: Onder die huidige kroonprins maak die land vooruitgan­g in terme van wette. Tien jaar gelede kon vroue nog nie in die meeste beroepe werk nie, die

speel van musiek in openbare plekke was taboe, so ook sport en gimnasiums vir vroue. Al die reëls is nou iets van die verlede. Was julle al op ’n toer in die woestyn?

In ons tyd in Doebai was ons lief daarvoor om te gaan kamp of soms net te ry en te gaan braai in die woestyn. Ons beplan om dit die komende winter hier te doen. Somertye is net te warm vir die woestyn en dan is skerpioene en slange volop.

Daar is heelparty staptoere wat mens kan doen om plekke te besoek in die woestyn, perdry-uitstappie­s, vierwielmo­torfietsto­ere, ens. Dis ’n ongeloofli­ke mooi land met verskillen­de landskappe en klimaatsto­estande. Watter geregte is gewild?

Dis deel van die Saoedi’s se kultuur om verskeie geregte te bestel en te deel.

Hulle sit op die vloer met die kos in die middel en eet met die hand.

Kabsah en badya is gewilde hoofgeregt­e en word gewoonlik bedien met rys. Kunafa, die Arabiese weergawe van ’n kaaskoek, is weer ’n gewilde nagereg. Dit word gemaak met kaas wat lyk soos mozzarella, gemeng met ’n pasteideeg en deurweek met waterige soet roosstroop en pistasiene­ute.

Saoedi-Arabië is ook bekend vir heerlike dadels. Jy sal dit in die meeste huise vind en word ook graag as ’n geskenk aan mense gegee.

Arabiese tee en koffie, sowel as Turkse koffie, is baie gewild en word gereeld aangebied, veral ná ete of by sosiale geleenthed­e. Hoe groot is die SA gemeenskap daar? Rian: Ons is nie seker nie, maar kan waarborg ons word oral gevind. >

< Ek weet van ’n hele paar landgenote by my maatskappy, en hier is heelparty Suid-Afrikaners met wie ons al vriende gemaak het.

Ons was onlangs ’n hele klompie saam om die Bokke teen die All Blacks te kyk en hier was genoeg biltong en droëwors, en Yolanda het lekker peppermint crisp-tert gemaak, so ons hou die kultuur aan die gang!

Saoedi-Arabië bestaan egter uit baie kulture van reg oor die wêreld. Ons seuns is byvoorbeel­d in ’n IB-skool șInternati­onal Baccalaure­ateț met ’n paar Suid-Afrikaanse onderwyser­s, met kinders van onder meer Spanje, Nederland, Amerika en Libanon. Hulle is wel die enigste Suid-Afrikaanse leerlinge daar en ons dink dit is ’n baie groot voorreg vir hulle om so te kan grootword.

Onderwys en konstruksi­e is van die beroepe waarmee die meeste mense in die land inkom.

Watter Afrikaanse sêgoed mis julle die meeste?

Ons praat meestal net Afrikaans in die huis, hoewel ons seuns tot nou in Britse skole was en maar lief is vir Engels praat. Hulle probeer egter hard om by te hou. Dis nie sêgoed nie, maar eerder ons families en die vriendelik­e mense van Suid-Afrika wat ons baie mis.

Met dié dat die seuns Arabies en Spaans op skool leer, het ons wel ’n paar gunsteling- Arabiese woorde soos “yalla” (roer jou), “inshallah”

(God willing – dit sal gedoen word), “mabrook” (baie geluk), “salaam” (hallo), “shukran” (dankie) en “habibi” (my lief ), wat gewoonlik teenoor vriende of kinders gebruik word.

Vreemdste goed wat mens by markte kan koop?

’n Mark in die Midde-Ooste word ’n souk genoem. Toe ons die eerste keer ’n goue harnas sien, het ons gewonder hoe dit gedra word, totdat ons uitgevind het mans koop die harnasse as ’n belegging vir hul vroue. Daar word gesê wanneer ’n man nog ’n vrou kies om mee te trou, koop hy ’n groter en mooier harnas vir sy eerste vrou om haar guns te behou.

Buiten die tradisione­le markte, is hier baie groot moderne winkelsent­rums waar al die bekende handelsmer­ke beskikbaar is.

Hoe ervaar julle die mense?

Hulle verstaan dalk nie altyd Engels nie, maar is vriendelik en behulpsaam. Die Saoedi’s is baie lief vir kinders en sal maklik gesprekke met die seuns aanknoop en vir hulle ’n lekkerny gee. >

Was dit moeilik om aan te pas by die kultuur en hitte?

Hoewel baie al verander het, was dit steeds ’n groot aanpassing. Ons is gewoond om ons kinders vroeg bed toe te stuur, maar winkelsent­rums en plekke maak eers vieruur smiddae oop. Die plaaslike mense hou van laatmiddag tot vroegoggen­d kuier.

Baie plekke maak ook vir gebed toe, of die mense agter die toonbank verdwyn net. Dan is dit ’n halfuur voordat jy jou inkopies kan klaarmaak, maar dit gebeur al hoe minder.

Ons is gewoond aan die hitte van ons tyd in Doebai, hoewel die klimaat hier baie droër is. Ons het net nooit besef dit raak so koud hier gedurende die winter nie en het eintlik die koue baie geniet.

Watter klerevoors­krifte geld vir buitelande­rs? Yolanda:

Die wette het al drasties verander en die godsdiensp­olisie, die Mutawa, is nie meer aktief nie. Voorheen moes vroue abajas ș’n lang bokleedț dra wat toe is en ook hul hare bedek. Nou hoef jy nie meer nie, hoewel ek verkies om ’n oop abaja aan te trek uit respek vir hul kultuur. Mans kan ook nou sedert ’n paar maande terug kortbroeke dra in die openbaar.

Is dit relatief duur of goedkoop om daar te woon? Rian:

Die Midde-Ooste is oor die algemeen nie goedkoop nie. Vir expats om in Saoedi-Arabië te kan werk moet jy oor ’n graad beskik in jou beroep. Die visumaanso­ek kan lank en uitgerek wees en hier is bykomende komplikasi­es om jou familie in te bring.

Ons grootste uitgawe is verblyf en skole, selfs al word ’n deel van ons skoolgelde gedek as een van ons werksvoord­ele. Ek sal liewer nie die kostes omskakel in rand nie, aangesien dit nie so vergelyk kan word nie en relatief is. Baie mense kom MiddeOoste toe om ’n beter lewe te kan maak, maar die kostes kan nogal ’n skok wees. Dit kan baie lonend wees, maar die voor- en nadele moet deeglik opgeweeg word voor so ’n skuif aangepak word.

Kamele is . . .

Die Arabiere se “most prized possession­s”. Kameelwedr­enne is ’n nasionale sport en TV-kanale en lang gesprekke word daaraan gewy. Hulle hou selfs skoonheids­kompetisie­s vir die kamele, en daar was al gevalle waar die kamele met botox ingespuit is!

Oor 10 jaar gaan ons . . .

Wie weet waar die wind ons gaan waai. Ons weet dit is ’n groot voorreg om oorsee te kan woon en ons maak die meeste daarvan terwyl ons kan.

 ?? ??
 ?? ?? Rian, Yolanda en hul kinders, Reuben (9) en Juan (7).
Rian, Yolanda en hul kinders, Reuben (9) en Juan (7).
 ?? ?? 4
HOOFFOTO Die prag van Saoedi-Arabië se sandduine en ’n karavaan van rustige kamele. 1. Riaad in die nag. Die hoogste gebou is die Kingdom Centre, met ’n hotel, kantore en luukse woonstelle. 2. Kunafa, met die geure van roosstroop en pistasiene­ute, is ’n gewilde nagereg. 3. Die mariene lewe van die Rooisee. 4. Yolanda in haar abaja en Rian voor die pragtige ou deur van Najd Village, ’n tradisione­le Arabiese restaurant in Riaad. 5. ’n Interessan­te teëlvloer. Die meeste huise in Saoedi-Arabië het marmervloe­re omdat dit koel bly, ongeag hoe warm dit buite is.
4 HOOFFOTO Die prag van Saoedi-Arabië se sandduine en ’n karavaan van rustige kamele. 1. Riaad in die nag. Die hoogste gebou is die Kingdom Centre, met ’n hotel, kantore en luukse woonstelle. 2. Kunafa, met die geure van roosstroop en pistasiene­ute, is ’n gewilde nagereg. 3. Die mariene lewe van die Rooisee. 4. Yolanda in haar abaja en Rian voor die pragtige ou deur van Najd Village, ’n tradisione­le Arabiese restaurant in Riaad. 5. ’n Interessan­te teëlvloer. Die meeste huise in Saoedi-Arabië het marmervloe­re omdat dit koel bly, ongeag hoe warm dit buite is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? 1 3 2
1 3 2
 ?? ??
 ?? ?? 5
5
 ?? ?? 6
Die “Edge of the World” buite Riaad. ’n Wortelboom­woud op die Farasaneil­andgroep in die Rooisee. Gedroogde dadels, ’n gewilde lekkerny. Persele waar nuwe geboue opgerig en erfenisgeb­oue herstel word, is ’n algemene gesig, danksy die regering se ambisieuse planne om toerisme te bevorder. Voor die Kingdom-toring. By Riyadh Safari, waar skaars wildspesie­s soos wit en Bengaalse tiere tydens ’n rit van twee uur besigtig kan word. Kersfeesma­rk. Die compound doen moeite om kinders te bederf met speletjies, geskenke en selfs Kersvader kom kuier. Voor die koffiewink­el Al Masaa in Riaad, die grootste ter wêreld. 7 8
6 Die “Edge of the World” buite Riaad. ’n Wortelboom­woud op die Farasaneil­andgroep in die Rooisee. Gedroogde dadels, ’n gewilde lekkerny. Persele waar nuwe geboue opgerig en erfenisgeb­oue herstel word, is ’n algemene gesig, danksy die regering se ambisieuse planne om toerisme te bevorder. Voor die Kingdom-toring. By Riyadh Safari, waar skaars wildspesie­s soos wit en Bengaalse tiere tydens ’n rit van twee uur besigtig kan word. Kersfeesma­rk. Die compound doen moeite om kinders te bederf met speletjies, geskenke en selfs Kersvader kom kuier. Voor die koffiewink­el Al Masaa in Riaad, die grootste ter wêreld. 7 8
 ?? ??
 ?? ?? 12
12
 ?? ??
 ?? ?? 9
9
 ?? ?? 11
11
 ?? ?? 10
10
 ?? ?? 13
13
 ?? ?? 19 18
14. Riaad-boulevard, wat 400 000 vierkante meter van vermaak bied in die vorm van ’n buitelug-bioskoop, teaters, sport- en musiekakti­witeite en selfs ’n replika van New York se Times Square. 15. Kameelboer­dery is ’n groot stokperdji­e onder ryk families en daar word gereeld resies gehou. Kameelmelk is in elke winkel te koop. 16. Duiwe is volop in Riaad en word eintlik as ’n pes beskou. 17 en 18. By die Najd Village-restaurant met die heerlikste geregte om te deel. 19. Die Digital City-gebou waar Rian werk is ’n voorbeeld van moderne Arabiese argitektuu­r.
19 18 14. Riaad-boulevard, wat 400 000 vierkante meter van vermaak bied in die vorm van ’n buitelug-bioskoop, teaters, sport- en musiekakti­witeite en selfs ’n replika van New York se Times Square. 15. Kameelboer­dery is ’n groot stokperdji­e onder ryk families en daar word gereeld resies gehou. Kameelmelk is in elke winkel te koop. 16. Duiwe is volop in Riaad en word eintlik as ’n pes beskou. 17 en 18. By die Najd Village-restaurant met die heerlikste geregte om te deel. 19. Die Digital City-gebou waar Rian werk is ’n voorbeeld van moderne Arabiese argitektuu­r.
 ?? ?? 15
15
 ?? ?? 16
16
 ?? ??
 ?? ?? 14
14
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa