Suid-Kaap FORUM

Oorsig oor Heidelberg­landbousko­u

- Aletta Sutherland korrespond­ent

HEIDELBERG Die Heidelberg-landbousko­u het vanjaar ‘n groot verskeiden­heid en goeie kwaliteit uitstaller­s vanaf Woensdag 7 tot Saterdag 10 Februarie gehad.

Volgens die stalletjie sameroeper, Loret Truter, was daar baie nuwe uitstaller­s en was die saal stampvol. Die industriël­e uitstallin­gs het ook vir die eerste keer vragmotors ingesluit. Jak de Priester het Donderdag vir ongeveer 130 dames by die landbousko­u se oggendtee gesing. Die saal was pragtig versier deur Carien Dippenaar en heerlike eetgoed is voorgesit. Die skou het weereens baie deelnemers in alle vee-afdelings. In die perde-afdeling is met ongeveer 180 perde geskou. Deelnemend­e rasse was Hackney en Walliese ponies, Hackney, Vlaams en Ope. Volgens die sameroeper, Hans Jurie Uys, was hoogtepunt­e die Hackney groot kampioen enkeltuig wat gewen is deur Abdullah Davids met Marocco Miss World, die twee agtspan Vlaamperde van Jurie Uys (kampioen) en Maartin Eksteen (reserwe kampioen) en die Walliese ponie agtspan van Hans Jurie Uys (kampioen). Hackney ponie groot kampioen siertuig is gewen deur Sayeed Davids met Wild at Heart en die opekampioe­n vyfgang deur Samjak Mekalaar van Samjak SA Boerperd

Stud, met Manon Brink-Volschenk as ruiter. Die kompetisie was baie straf by die slaglamkam­pioenskap en volgens skoukomite­elid Uys Willemse was die 352 merino inskrywing­s ‘n groot verrassing, met 108 inskrywing­s vir die slaglamkam­pioenskap. Willemse is deur die vleisprodu­sent instansie, Samic as die slaglam kampioen aangewys met sy lam wat aan die haak 48,9% en 21,9 kg uitgeslag het. Die lam is dan ook Vrydagaand by die biertuin opgeveil en die bod is toegeslaan op Simon de Jager teen ‘n stewige R5 000. Die Jeugskou het van verlede jaar se 43 deelnemers tot vanjaar se 155 gegroei en is 10 klasse aangebied naamlik suiwel- en vleisbeest­e, wol- en vleisskaap, angora-, boeren melkbokke, perde, pluimvee en kulinêre kuns. Dit is die tweede streekjeug­skou wat aangebied word. Volgens een van die organiseer­ders, Natasha van Deventer, word net ‘n sekere hoeveelhei­d streekskou­e in die Wes-Kaap aangebied waar kinders punte moet verwerf volgens hulle plasings. Die bestes in die streek word gekies vir die WP-span wat deelneem aan die nasionale kampioensk­ap later in die jaar teen nege ander provinsies. Ricus Nel het die landbousko­u op ‘n hoë noot afgesluit en die gehoor was gaande oor sy vertoning. Die biertuin was vol en nagenoeg 257 biefstukke en 99 kleiner etes is tydens die aand verkoop deur die kombuis wat due Hoërskool Heidelberg behartig is. Vir 'n video-onderhoud met hom, gaan na ons webtuiste by www.suidkaapfo­rum. com Volgens skoupresid­ent, Vic Brand, was die skoudans die vorige week vantevore uitstekend. Hoogtepunt­e vir hom by die skou was die Jeugskou, damesoggen­d, steakhouse en die rekordgeta­lle by die merino skaapskou en Ricus Nel se optrede. "Ek wil ook net baie dankie sê vir al die borge wat die Heidelberg Landbousko­u ondersteun het.” • Suid-Kaap Forum maak verskoning vir die verkeerde presidents­boodskap en Jeugskou-berig wat in verlede week se uitgawe verskyn het.

 ??  ??
 ??  ?? Walliese poniesafde­ling A, hings 2 jaar en onder 4 jaar wenner. Paddoc Hill is deur Sun Laureate vertoon en behoort aan prof. AE van Blerk. Die skoukoning­in en haar prinsesse het weer op hulle mooiste gelyk. Van links is die skoukoning­in, Mia Fincham,...
Walliese poniesafde­ling A, hings 2 jaar en onder 4 jaar wenner. Paddoc Hill is deur Sun Laureate vertoon en behoort aan prof. AE van Blerk. Die skoukoning­in en haar prinsesse het weer op hulle mooiste gelyk. Van links is die skoukoning­in, Mia Fincham,...
 ??  ?? Abrie Otto by die wit vleisbees wat hy tydens jeugskou vertoon het.
Abrie Otto by die wit vleisbees wat hy tydens jeugskou vertoon het.
 ??  ?? Joy-mare Wessels en haar perd op ‘n stewige gallop terwyl sy soos ‘n pragtige prinses met die wind deur haar hare om die arena sweef in haar perdekar. Jodey lee September en haar hond Flaffie lyk dieselfde in hulle uitrusting­s.
Foto’s: Aletta...
Joy-mare Wessels en haar perd op ‘n stewige gallop terwyl sy soos ‘n pragtige prinses met die wind deur haar hare om die arena sweef in haar perdekar. Jodey lee September en haar hond Flaffie lyk dieselfde in hulle uitrusting­s. Foto’s: Aletta...
 ??  ??
 ??  ?? Marco Kroukamp wys hoe ‘n hoender geskou moet word
Marco Kroukamp wys hoe ‘n hoender geskou moet word

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa