Oor­saak van seun se dood nog on­be­kend

Suid-Kaap FORUM - - News -

Vol­gens sy erg ge­skok­te pa het JT ge­slaap na­dat hy sy me­di­ka­sie ge­drink het.

De Waal­vil­le P­ri­mê­re skool het nog ‘n graad 2-leer­der hier­die kwar­taal aan die dood af­ge­staan met die skie­li­ke heen­gaan van Jay-Tee (JT) Oc­to­ber. JT, e­nig­ste seun van An­dries en A­me­lia Oc­to­ber is Don­der­dag 22 Fe­bru­a­rie deur am­bu­lans­per­so­neel in hul huis dood ver­klaar na­dat sy pa hom vroe­ër die og­gend na die dag­hos­pi­taal ge­neem het. Vol­gens sy erg ge­skok­te pa het JT ge­slaap na­dat hy sy me­di­ka­sie ge­drink het wat hy by die dag­hos­pi­taal ont­vang het. “Ek was net gou by sy ou­ma Mi­na on­der in die pad, toe ek met my te­rug­keer ’n paar mi­nu­te la­ter ont­dek dat daar groot fout met hom is.” An­dries ver­tel dat sy vrou Kaap­stad toe was vir ’n paar dae en dat hy vir JT self kli­niek toe ge­neem het na­dat hy ge­kla het dat sy maag ont­steld is. Hy het blyk­baar vir die ver­pleeg­ster ge­vra om JT na die dok­ter te ver­wys. “Sy het ge­sê dis nie no­dig nie, dis net di­a­ree en my ’n pak­kie pil­le ge­gee.” Hy het sy dog­ter ge­roep toe hy ont­dek dat daar fout is met sy seun, ter­wyl hy sy skoon­ma gaan haal het. Bui­ten sy ou­ers en sus­ter, Ray­mon­dé, laat JT sy ou­ma Wil­hel­mi­na A­dams ag­ter. Op na­vraag het Na­dia Fer­rei­ra, me­dia woord­voer­der vir die Wes-Kaap de­par­te­ment van ge­sond­heid ge­sê dat ‘n na­dood­se on­der­soek ver­soek is om­dat sy dood skie­lik was en dit bui­te die hos­pi­taal om­ge­wing ge­skied het.

JT Oc­to­ber

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.