Dag ze­ro vir dwelm­han­de­laars

Suid-Kaap FORUM - - News -

Een van drie ver­dag­tes wat Woens­dag 21 Fe­bru­a­rie ge­ar­res­teer is, staan te­reg op vier erns­ti­ge aan­klag­tes wat han­del­dryf in on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens, tik, we­de­reg­te­li­ke ver­koop en fa­si­li­te­ring in­sluit. Die mans, on­der­skei­de­lik 20, 25 en 32 jaar word di­rek ver­bind by die ver­koop van tik met ’n to­ta­le straat­waar­de van R1 000. Die ar­res­ta­sies is deur le­de ver­bon­de aan die Da Ga­mas­kop en groep­staak­span ge­doen: Sers. JM S­pan­gen­berg (pro­jek­be­stuur­der), konst. Chris­ti­aan Z­wie­ge­laar (on­der­soe­ker) en konst. Ni­co­laas Olc­kers (hoof­re­ser­vis, Hes­se­qua). Hier­die deeg­li­ke on­der­soek het ook ont­bloot dat min­der­ja­ri­ges as ‘mui­le’ aan­ge­wend word om die dwelms ge­du­ren­de werks­u­re te stoor, ver­pak en te ver­koop. Die ver­dag­tes het op Vry­dag 23 Fe­bru­a­rie in S­til­baai-land­dros­hof ver­kyn. S­pan­gen­berg sê: “Le­de ver­bon­de aan hier­die taak­span was deur lt. kol. De­li­sia I­saacs (Ri­vers­dal sta­sie­be­vel­voer­der) be­dank vir hul kre­a­tie­we be­na­de­ring om ’n dwelm­net­werk in die dwelm­ge­teis­ter­de woon­ge­bied, K­wa­ne­kut­hu­la te i­den­ti­fi­seer en te neu­tra­li­seer.” I­saacs het S­pan­gen­berg en Z­wie­ge­laar ver­der be­dank vir hul suk­ses­vol­le on­der­soek wat ge­lei het tot die ar­res­ta­sie van An­dré Tie­man (27) en Johni­cal Bar­nard (18) op drie aan­klag­tes van han­del­dryf, wat on­der­skei­de­lik ge­du­ren­de Ju­lie en Au­gus­tus ver­le­de jaar plaas­ge­vind het. Dié ver­dag­tes het op 19 Fe­bru­a­rie in die Ri­vers­dal land­dros­hof ver­skyn. S­pan­gen­berg voeg by: “Die ge­veg teen mis­daad sal nie hier stop nie. Dag ze­ro het aan­ge­breek vir ben­des wat hul bin­ne die Hes­se­qua-gren­se kom tuis­maak en ver­ryk het deur ar­mes uit te buit en dwelm­ver­sla­wing te pro­mo­feer.” Hy doen ’n be­roep op die ge­meen­skap om e­ni­ge in­lig­ting wat tot on­der­steu­ning van dwelm­ver­wan­te on­der­soe­ke kan wees. S­ka­kel of stuur 'n W­hat­sapp aan 082 667 2214. In­lig­ting sal ui­ters ver­trou­lik han­teer word.

Konst. Chris­ti­aan Z­wie­ge­laar in ak­sie ty­dens ’n soek­tog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.