‘Lis­te­ria-his­te­ria’ on­no­dig

Suid-Kaap FORUM - - News - San-Ma­rié Cron­jé

HESSEQUA Die ‘Lis­te­ria-his­te­ria’ het die streek in rep en roep na­dat die sko­k­nuus Son­dag 4 Maart deur dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid aan­ge­kon­dig is. Die his­te­rie het be­gin na die oor­sprong van die do­de­li­ke Lis­te­ri­o­se-vi­rus, ‘n En­ter­pri­se-fa­briek in Po­lo­kwa­ne, be­kend ge­word het. Die har­de werk­lik­heid van die saak het eers in­ge­sink na­dat win­kels ge­pro­ses­seer­de vleis­pro­duk­te van En­ter­pri­se, Re­no­wn, Bok­kie en Rain­bow van­uit ys­kas­te ver­wy­der het. Pro­duk­te van an­der ver­vaar­di­gers wat van die rak­ke af­ge­haal is, is Mie­lie­kip en Li­fe­sty­le. An­dré van Wyk, ei­e­naar van Ri­vers­dal Su­perS­par het ge­sê: “Ons het reeds die ge­noem­de pro­duk­te van ons rak­ke en uit vries- en ys­kas­te ver­wy­der. Al­les is in sak­ke ver­se­ël en ons wag net vir die ver­teen­woor­di­gers om dit te kom haal. Die ys­kas­te waar daar wel van die pro­duk­te was, is ge­was en deeg­lik ont­smet.” Die win­kel se ge­pro­ses­seer­de pro­duk­te word nie deur En­ter­pri­se of Rain­bow ver­vaar­dig of ver­pak nie en is vei­lig om te ge­bruik. Dok­ters meen dat men­se on­no­dig op hol is oor die so­ge­naam­de ‘uit­braak’, hoe­wel daar na be­ra­ming on­ge­veer 180 per­so­ne van­af ver­le­de jaar tot nou weens dié vi­rus dood is. Dit is erns­tig en ge­vaar­lik, maar kan blyk­baar be­han­del word. Dit is wan­neer dit nié be­han­del word nie dat dit do­de­lik word en kan die vi­rus moont­lik sep­ti­ce­mia en selfs brein­vlies­ont­ste­king ver­oor­saak.

An­dré van Wyk by die ken­nis­ge­wings in die win­kel wat lees dat pro­duk­te soos voor­ge­skryf van die rak­ke ver­wy­der is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.