Land­ly­ne ge­af­fek­teer deur in­stand­hou­ding

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

KAAPPROVINSIE Grant E­vert, se­ni­or be­stuur­der van O­pen­s­er­ve, en Y­von­ne Lom­baard, se­ni­or be­stuur­der van Tel­kom, het on­der­neem dat geen land­lyn­diens­te na lan­de­li­ke ge­bie­de ver­der af­ge­sny sal word nie, ten­sy al­ter­na­tie­we teg­no­lo­gie vir ge­af­fek­teer­de ge­bie­de be­skik­baar ge­stel word. Dit volg na­dat die bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie A­friForum op 8 Maart met be­stuurs­le­de van Tel­kom en O­pen­s­er­ve, wat ver­ant­woor­de­lik is vir die op­rig­ting en in­stand­hou­ding van Tel­kom se in­fra­struk­tuur, ver­ga­der het. Dié ver­ga­de­ring is aan­ge­vra om­dat Tel­kom land­ly­ne in lan­de­li­ke ge­bie­de van die Wes-, Noor­den Oos-Kaap af­sny son­der om al­ter­na­tie­we ge­rie­we be­skik­baar te stel. Tel­kom het ver­der on­der­neem dat ’n lys van die ge­af­fek­teer­de ge­bie­de aan A­friForum be­skik­baar ge­stel sal word, as­ook dat ver­de­re streek­ver­ga­de­rings met ge­meen­skap­pe be­plan word ten ein­de die pu­bliek se in­set­te ra­ken­de hier­die kwes­sie te be­kom. Al­ter­na­tie­we tot land­lyn­diens­te in lan­de­li­ke ge­bie­de is nood­saak­lik weens voort­du­ren­de ka­bel­dief­stal, as­ook ver­ou­der­de teg­no­lo­gie wat nie lan­ger on­der­hou kan word nie. In­wo­ners van die pro­vin­sie word aan­ge­moe­dig om by hul naas­te A­friForum­tak be­trok­ke te raak. SMS jou naam na 32532 (R1). Vir meer in­lig­ting, kon­tak De­on de Ja­ger by 081 217 0150.

Al­ter­na­tie­we tot land­lyn­diens­te in lan­de­li­ke ge­bie­de is nood­saak­lik weens voort­du­ren­de ka­bel­dief­stal, as­ook ver­ou­der­de teg­no­lo­gie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.